kategorieë: HareSkoonheid

13 haarwasfoute wat jy maak

Jou haarwasfoute

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1. Jy maak nie jou hare nat genoeg nie. Jou hare MOET behoorlik nat wees.
2. Jy gebruik te veel sjampoe en opknapper. Jy benodig min of meer die hoeveelheid van ’n 50c-stuk in die palm van jou hand.
3. Jy mors sjampoe deur dit aan al jou hare te wend. Wend dit slegs aan die wortels, want dit is waar die natuurlike olies opbou.
4. Jy gebruik meer sjampoe sodat jy jou hare beter kan was. Gooi eerder ’n paar druppels water by en beweeg jou hande in sirkels.
5. Jy probeer om jou hare skoon te skrob. Onthou: hare is nie wasgoed nie! Jou hare is baie delikaat en jy kan dit beskadig deur te hard te was. So, werk versigtig.
6. Jy was heen en weer. Werk altyd afwaarts, van die wotels na die punte in die natuurlike rigting van haargroei en moenie op en af beweeg nie.
7. Jy gebruik jou vingerpunte te veel. Hierdie is sleg as jy olierige hare het, want jou vingerpunte stimuleer olieproduksie.
8. Jy was jou hare elke dag en dan kry jou hare se natuurlike olies nie kans om jou hare te voed nie. As jy met olierige hare sukkel, moet jy veral probeer om jou hare minder te was.
9. Jy vryf jou hare met ’n handdoek droog. Wees versigtig en klad dit eerder droog. As jy jou hare vryf, sal jy dit net beskadig en koek.
10. Jy wend opknapper aan al jou hare. Konsentreer op die mid- tot eindpunte.
11. Jy spoel jou hare nie goed genoeg af nadat jy opknapper aangewend het nie. Dit kan jou hare pap en selfs olierig laat lyk.
12. Lang hare: Jy vergeet om opknapper deur te kam. Begin onder in jou nek en kam dit stukkie vir stukkie uit tot bo.
13. Jy wend opknapper met jou handpalm aan. Versprei dit na jou vingerpunte deur amper te maak asof jy handskud met jou twee hande, handpalms opmekaar en trek dit dan na jou vingers toe sodat die opknapper daaraan vaskleef.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Inligting verskaf deur Tobita Booyens, mede-eienaar van Training and Progression House, wat onder andere haarstiliste oplei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: 6 wenke vir #fotomooi hare

Lees ook: Wenke vir fyn hare

Lees ook: 10 gewoontes vir gesonde hare

Nuwe trend

Wend eers opknapper aan en dan sjampoe, veral as jy baie fyn hare het wat maklik koek terwyl jy was. Wend opknapper aan, los dit vir ’n paar minute, spoel af en was dan met sjampoe. Ons gebruik daarna haarolie op klam hare om dit makliker uit te kam.

Lees ook: Beskerm jou hare teen hittebeskadiging

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

3 days Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Anton Goosen oor die verloop van tyd en sy nuwe musiek

Die Liedjieboer Anton Goosen is terug met ’n storie wat die hart tref. Anton, een…

3 days Gelede

Die beste wenke om jou huis en lewe uit te sorteer

Die voordele wat ontklottering vir ons inhou, word wyd besing. Om te ontklotter beteken nie…

3 days Gelede

9 tekens wat wys jy is dower as wat jy dink

Dink gou oor hierdie vraag: Moet jy mense sien om hulle te kan hoor? Dan…

3 days Gelede

Bak op vuur? ‘Kokkedoor’-wenspan deel hul wenresep

  Dit was die woorde waarmee glanssjef Bertus Basson die deelnemers aan vanjaar se naelbyt-seisoen…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.