kategorieë: Leef gesondGesondheid

11 gesondheidsondersoeke wat vroue moet doen

Deur Kay Bissett

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Maak seker jy dek die basiese met die volgende ondersoeke:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Papsmeer

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat is dit? Die Papanicolaou-toets, beter bekend as die papsmeer (wat na die uitvinder van die ondersoektoets, Georgios Papanicolaou, vernoem is) neem ’n monster van selle van die serviks en dit word dan vir potensieel kankeragtige selle en ander skadelike siektes soos die menslike papilloomvirus (HPV) getoets.

Hoekom moet jy getoets word? Servikale kanker is een van die algemeenste kankers wat vroue in Suid-Afrika tref. Tussen 22,8 en 27 per 100 000 vroue kry dit in vergelyking met die wêreldwye gemiddeld van 15,8. Aangesien die menslike papilloomvirus 99% van servikale kankers veroorsaak, word daar tegelykertyd vir albei getoets.

Hoe gereeld? As ons aanneem dat die resultate deurlopend normaal is, dan moet vroue tussen die ouderdomme van 30 en 65 mik om elke drie jaar vir ’n papsmeer en elke vyf jaar vir ’n HPV-toets te gaan.

Mammogram

Wat is dit? Mammogramme gebruik X-strale om abnormale massas in die weefsel van die bors op te tel en, tot op hede, word dit as die algemeenste manier gebruik om borskanker op te spoor. Daar is verskillende en uiteenlopende menings oor hoe gereeld mammogramme gedoen moet word aangesien die potensiaal vir oordiagnose en vals positiewe toets hoog bly. Vandag word ’n vrou se risikoprofiel in ag geneem – dit sluit genetiese merkers en familiegeskiedenis in.

Hoekom is dit nodig? Borskanker is die vernaamste rede tot kommer wanneer dit by kanker in vroue van Suid-Afrika kom, en dit is absoluut noodsaaklik om dit so vroeg as moontlik op te tel om behandeling te begin en lewensgehalte te verbeter.

Hoe gereeld? Volgens Kansa, bly ’n selfondersoek belangrik en moet dit een keer ’n maand ná jou maandstonde gedoen word. Vir vroue oor 40 word ’n mammogram een keer ’n jaar aanbeveel terwyl dié wat 55 en ouers is elke twee jaar moet gaan.

Lees ook: Borskanker: 5 dinge wat jy móét weet

Beendigtheidskandering

Wat is dit? Verskeie toets word gedoen om beendigtheid te toets, dit sluit ’n DEXA-skandering (X-strale om foto’s van jou bene te neem), ultraklank en bloedtoetse.

Hoekom is dit nodig? Meer as ’n derde van vroue oor die ouderdom van 50 en amper die helfte van dié oor die ouderdom van 70 word deur osteoporose getref. Ongelukkig raak vroue eers bewus daarvan wanneer hul bene later in hul lewe begin breek.

Hoe gereeld? Gaan vir ’n basiese toets twee jaar ná menopouse. Volgens die Nasionale Osteoporose-stigting van Suid-Afrika kan estrogeen jou teen beenverlies beskerm en ’n afname in hierdie hormoon kan gevaarlik wees.

Lees ook: Beendigtheid: alles wat jy van Osteoporose wil weet

Kolonoskopie

Wat is dit? ’n Dun, buigbare buis met ’n baie klein kameratjie bo-op word gebruik om die binnekantste struktuur van die kolon vir poliepe en groter groeisels te ontleed.

Hoekom is dit nodig? Kolonkanker is nie iets wat mense normaalweg met vroue assosieer nie, maar volgens Kansa, is kolorektale of kolonkanker een van die topkankers in Suid-Afrika, wat 1 uit 132 vroue raak.

Doen bloedtoetse

Gesels met jou dokter oor die volgende bloedtoetse:

Lipiedpaneel

Wat is dit? ’n Lipogramtoets of ’n lipiedpaneel meet die hoeveelheid totale cholesterol, laedigtheid- cholesterol (LDL), hoëdigtheidcholesterol (HDL) en trigliseriede in jou bloed.

Hoekom is dit nodig? Wanneer daar te veel cholesterol in jou stelsel is, kan dit in jou are opbou, wat met ander stowwe meng wat uiteindelik die vrye vloei van bloed verstop. Dit is een van die primêre risikofaktore vir kardiovaskulêre siektes.

Hoe gereeld? Volgens die Hart-en-beroerte-stigting van Suid-Afrika moet alle volwassenes ten minste een so ’n toets vanaf die ouderdom van 20 kry. As cholesterolvlakke normaal is, sê hulle, moet die toets oor ’n paar jaar herhaal word. “Mense met ’n hoë risiko sal hul cholesterolvlakke meer gereeld deur hul dokter moet laat monitor, heel waarskynlik elke ses maande.”

Risiko-individue sluit in diegene met bestaande kardiovaskulêre siektes, diabetes, niersiekte of enige ander mediese toestande wat die risiko van hartsiektes verhoog. Maar selfs as jy dink jy is nie in gevaar nie, is dit belangrik om jouself te laat ondersoek aangesien hoë cholesterol geneties kan wees en nie afhanklik van lewenstyl of dieetkeuses is nie.

Glukosetoets

Wat is dit? Hierdie toets kyk na hoe die vlakke van glukose in jou bloed ná minstens agt uur se vas lyk. As jy ’n diabeet of prediabetes is (of swangerskapsdiabetes ervaar), sal die toets hoër as normale vlakke van glukose in jou bloedstroom uitwys.

Hoekom is dit nodig? Tipe 2-diabetes is aan die toeneem in Suid-Afrika en is ’n stadige en wrede moordenaar. Maar as dit vroeg opgespoor word, beteken dit dat dieet- en lewenstylveranderinge die trajek van die siekte radikaal kan omkeer.

Hoe gereeld? Omdat die risiko so hoog is in Suid-Afrika, stel Diabetes SA voor om een keer per jaar getoets te word.

Bloeddruktoets

Wat is dit? Soos bloed deur die liggaam sirkuleer, plaas dit druk op die bloedvate. ’n Bloeddrukmonitor meet die druk soos die hart saamtrek en suurstofryke bloed in die bloedvate pomp (sistoliese lesing) en die druk op die bloedvate wanneer die hart ontspan (diastoliese lesing). Die diastoliese lesing moet altyd laer wees as die sistoliese, en ’n “normale” lesing is ’n sistoliese waarde van 120 en minder, en ’n diastoliese waarde van minder as 80.

Hoekom is dit nodig? Hipertensie, wat gebeur wanneer daardie druk te hoog is (140/90), het geen simptome nie, maar die komplikasies kan ernstig tot lewensgevaarlik wees, wat wissel van die verlies van sig tot ’n hartaanval en beroerte. Sekere toestande maak dit noodsaaklik om dit te monitor (soos diabetes), maar in die meeste ander gevalle as dit vroeg opgespoor word, beteken dit dat lewenstyl- en dieetveranderinge genoeg kan wees om chroniese medikasie te voorkom.

Hoe gereeld? Volgens die Mayo Clinic moet diegene ouer as 40 jaarliks hul bloeddruk laat toets. Dit is veral belangrik vir hoërisikogroepe, insluitend swart mense, diegene wat aan hoë vlakke van stres ly, oorgewig is of ’n geskiedenis van hoë bloeddruk het.

Lees ook: 7 maniere om jou hoë bloeddruk te verlaag

Ander ondersoeke

Volle bloedtelling: Dit kan deur jou huisdokter gedoen word en gee ’n goeie oorsig van jou gesondheid, insluitend enige aanduiders wat verband hou met hart-, nier- en lewergesondheid, bloedkanker, wit- en rooibloedseltelling en aanduiders wat aan vitamientekorte gekoppel is.

Velondersoeke: Dit kan jy self doen. Leer jou vel ken sodat as daar iets buitengewoons opduik, jy dadelik ’n afspraak by jou dermatoloog kan maak.

Tandheelkundige gesondheid: Sien jou mondhigiënis minstens elke ses maande of ten minste een keer per jaar. ’n Goeie skoonmaak is die eerste stap om ’n duur tandartsbesoek te voorkom.

Oogondersoek: Moenie dat ydelheid jou daarvan weerhou om jou oogkundige te besoek nie. Ooggesondheid gaan oor veel meer as net om ’n leesbril te kry.

Lees ook: Kyk mooi na jou ooggesondheid – Mnr SA-finalis skei die feite van fiksie

Waar om te gaan

Hoewel daar baie toetse is, kan baie daarvan deur jou huisdokter en deur een bloedsifting gedoen word. As ’n huisdokter of spesialis soos ’n ginokoloog nie vir jou beskikbaar is nie, is daar ’n paar plekke wat kan help.

Apteke: Baie Suid-Afrikaanse apteke en apteekkettingwinkels soos Clicks en Dis-Chem spog met basiese siftingsdienste vir onder meer diabetes, cholesterol en bloeddruk.

Opspring-skanderingsgeleenthede: Die meeste van hierdie ernstige gesondheidsake geniet elke jaar ’n toegewyde dag waar openbare gesondheidsentrums regoor die wêreld poog om bewustheid te verhoog en toegang tot sorg te vergemaklik. Besoek die webwerwe vir meer inligting oor waar en hoe om toegang tot hierdie plekke te kry. Elkeen van hierdie toegewyde plekke is propvol die jongste nuus en inligting oor elke toestand – gratis! – en sal dikwels ’n lys van aanbevole verskaffers insluit.

Klinieke: Gemeenskapsklinieke en nie-regeringsorganisasies, soos Marie Stopes lewer ’n broodnodige diens aan diegene wat nie toegang tot private gesondheidsorg het nie (en selfs diegene wat kan). Jy sal dalk bietjie moet wag, maar gemeenskapsklinieke bied mediese dienste en siftings, en Marie Stopes bied papsmeertoetse, SOI-sifting en borsondersoeke, om maar net ’n paar van die uitstekende dienste te noem.

Lees ook: Wat vroue by mans oor seks wil weet

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

MSI Vakansieverkope: Maak die Perfekte Geskenk Oop Hierdie Seisoen!

MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…

3 days Gelede

Maak vanjaar jou beste jaar

Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…

4 days Gelede

Skoonheidsprodukte: foute wat almal maak

Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…

4 days Gelede

Maklike gemmerbier – sonder gis

Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.

4 days Gelede

Ken jou vonkelwyn

Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…

4 days Gelede

5 maniere om jou dag reg te begin

Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.