10 dinge wat vanjaar in jou piekniekmandjie moet wees deur Cornel Dunn
1. ’n Oulike, duursame piekniekstel
’n Kompakte en volledige piekniekstel is altyd beter as om goed uit jou eie kaste te pak. Dit is altyd gereed vir die buitelug.

Piekniekstel (R895) Takealot

Piekniekstel (R399) Cape Union Mart 10 dinge wat vanjaar in jou piekniekmandjie moet wees
2. Sonskerm
Wanneer ons in die buitelug kuier, kry ons kans om die son te geniet. Hou jou vel in gedagte. Vermy sonbrand deur ’n goeie sonskerm in te pak. Selfs al kuier julle onder ’n sambreel, kan jy steeds brand en jou vel verinneweer.
Lees ook: Alles wat jy oor sonroom moet weet

Complete shield SPF50 (R199) Woolworths
3. Weggooilappies
Geen piekniek verloop glad sonder hierdie noodsaaklikheid nie. Daar is nie altyd water byderhand om jou hande te was nie.

Organiese lappies (R125) Faithful to Nature 10 dinge wat vanjaar in jou piekniekmandjie moet wees
4. Insekweerder
Moet nie dat insekte jou dag in die buitelug bederf nie.

New Beginnings insekweerder (R64) Takealot
5. Kombers
Daar is nie altyd sitplek beskikbaar nie. Belê in ’n lekker groot piekniekkombers.

Piekniekkombers (R260) Woolworths
6. Water
Moenie dehidreer nie! Maak seker jy dra genoeg water saam. Herbruikbare waterbottels is ’n bate.

Steely waterbottel
7. Noodhulptassie
Hierdie tassie is ’n noodsaaklikheid vir ’n dag in die bos of die park. Wees voorbereid.
Lees ook: Is jou noodhulptassie gepak?

90-Stuk Noodhulptassie (R325) Takealot 10 dinge wat vanjaar in jou piekniekmandjie moet wees
8. Kombuishanddoek
Hoewel die papieropsie makliker is, kan jy soveel meer met ’n katoendoek doen, soos kos toegooi vir vlieë en nattigheid maklik opdroog.
Lees ook: 5 redes hoekom jy vanjaar in katoendoeke moet belê

Stel van twee handdoeke (R129) Takealot
9. Vullissak
Die reël is om altyd skoon te maak en die terrein te los soos jy dit gevind. Kies die organiese opsie.

30 Omgewingsvriendelike vullissakke (R89) Yuppiechef
10. Yspakke
Baie kos het koelte nodig om vars te bly. Hierdie gel ys sakkies werk baie goed.

Leisure Quip jelsakkies (R23 vir 3) Takealot
Verskaffers
Takealot | takealot.com
Yuppiechef | yuppiechef.co.za
Woolworths | Woolworths.co.za
Faithful to Nature | faithfultonature.co.za
Cape Union Mart | capeunionmart.co.za