kategorieë: InspirasieJou lewe

Ja, jy kan ‘n gelukkiger lewe lei. Hier’s hoe

10 wenke wat jou kan help om nóú te leef

1 Skryf een week lank neer wat jy met jou tyd doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jy gaan gou sien waar jy dinge kan verander. Werk jy soms so hard dat jy ander tye byna nie kan wakker bly nie? Dan moet jy beter beplan. Staan ’n bietjie vroeër op, gaan slaap ’n bietjie later of laai ’n bietjie minder hooi op jou vurk, maar sorg dat jy die werk en verpligtinge so in die beskikbare ure verdeel dat die grootste deel van jou week nie in ’n waansinnige waas verby
jou vlieg nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2 Ons almal multi-task, maar moenie twee maal soveel indruk in elke uur nie.

Dit gaan dalk vir ’n rukkie werk, maar uiteindelik gaan jy uitbrand.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3 Prioritiseer!

Besluit watter take, mense en aktiwititeite die heel belangrikste in jou lewe is, en fokus nét daarop.

4 Jy het dit al duisend keer gehoor, maar begin nóú om nee te sê vir alles wat nie waarde gaan toevoeg tot jou lewe nie – dit sluit ekstra werk, komitees en selfs vriendskappe in.

5 Doen ’n digitale detoks.

Slimfone het ons lewe oorgeneem, en pleks van die lewe vereenvoudig, kompliseer dit ons lewe onnodig. Wil jy regtig 24 uur per dag aanlyn beskikbaar wees? Is dit nodig om e-posse op jou foon te ontvang? Wil jy gedurig per WhatsApp en BBM beskikbaar wees? Omdat dit ’n gratis boodskapdiens is, stuur mense makliker boodskappe vir elke onbenulligheid – hulle dink wel twee maal oor ’n SMS, want dit kos geld. Leer om jou foon af te skakel, of filter minstens die kommunikasie wat jy daardeur kan ontvang.

6 Filter jou sosiale media.

Wil jy regtig op facebook en Twitter wees én op ’n 24 uur-nuusdiens ingeskakel wees en heeltyd weet wat oral in die wêreld aangaan? Dit beteken jou kop skakel net nooit af nie, én dis bewys dat dit jou lewens-vreugde kan raak. Jy kan nooit aan slegte nuus ontsnap nie. Voel jy ook daar gebeur deesdae net te veel slegte goed in die wêreld? Dink mooi daaroor: dis nie dat dit werklik noodwendig meer is as voorheen nie. Dis net dat nuusdienste nou meer kompeterend is as tevore, en deur sosiale en digitale media meeding om die hele tyd die varsste nuus aan hul kliënte te bring. Wat ook beteken ons word voortdurend deur slegte nuus gekonfronteer.

7 Sny enigiets uit wat jou negatief en ontoereikend laat voel of jou tyd steel.

Facebook is ’n groot sondaar. Wees baie selektief oor wie jy op jou profiel toelaat. As jy voel jy kan iemand nie ontvriend nie omdat dit aanstoot sal gee, stel minstens jou stellings so dat jy nie elke status-opdatering hoef te sien nie (druk unfollow, of merk hulle as acquaintances eerder as vriende. Hulle gaan nie eens weet nie.) Wees net so kieskeurig oor vriendskappe in die regte lewe. Jy weet watter vriendinne gebruik jou eintlik net as gratis sielkundige of troostannie. Vermy hulle, en bring meer tyd deur saam met mense by wie jy jou batterye kan herlaai.

8 Vervang FOMO (the fear of missing out) met JOMO (the joy of missing out).

Dit raak maklik’n gewoonte om elke ervaring, kuier, koffie-afspraak en gedagte op Twitter en facebook te deel. Die redes waarom mense dit doen, is uiteenlopend, maar om jou lewe aanlyn te leef beroof jou van die vreugde om elke oomblik werklik te beleef. As jy voel dat jou virtuele lewe jou oorweldig, oorweeg dit om ’n ruk alle sosiale media af te skakel en daarna uiters selektief te wees oor wat jy aanlyn doen. Wees eerlik oor hoeveel tyd jy aanlyn deurbring ten koste van werklike, lewende mense. Hoe dikwels vermy jy geselsies met jou gesin ter wille van kuiers met vreemdelinge op facebook?

9 Doen vir 15 minute elke dag heeltemal niks.

Maak jou kantoor-deur toe, skakel jou foon af en moenie toelaat dat iemand jou met enigiets pla nie. Alles kan vir 15 minute per dag wag. Doen iets wat vir jou werk: fokus op jou asemhaling, sit met jou oë toe, lê op jou bed, stap, speel met jou hond, streel jou kat, maar moet oor niks dink nie. Skakel jou kop af en jou siel aan.

10 Hou op skuldig voel.

Jy kan nie alles vir almal doen nie, kan nie die hele wêreld verander nie en kan nét soveel in een lewe inpas, al wil honderde boeke en mense jou graag anders laat glo. Aanvaar jou tekortkominge en beperkinge, hou jou drome realisties en geniet die oomblik.

Lees ook: 10 redes waarom jy die Julie-uitgawe van rooi rose móét lees!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

13 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

19 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

20 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

20 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

20 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

21 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.