Klein handsakke by lang vroue laat hulle nog langer lyk, terwyl groot sakke by kleiner vroue hulle selfs korter laat lyk. As jy die aandag weg wil lei van jou heupe, is ’n kruis-lyf handsak ’n goeie opsie. Dit vestig die aandag op die middellyf en weg van die heupe.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Maak seker dat jou bra sy werk doen – om jou borste te lig waar dit moet. Jou tepels moet presies tussen jou skouers en elmboë wees.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Lees ook: Pas jou bra reg?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Laag-op-laag is ’n maklike manier om jou figuur te vlei, maar dit is belangrik om seker te maak dat die onderste laag noupassend is. Die onderste laag moet ook van ’n ligter materiaalstof gemaak wees as die boonste laag, dus: moenie ’n sjiffonbaadjie bo-oor ’n katoenhemp dra nie.
Korter vroue moet korter baadjies dra, terwyl langer vroue langer baadjies kan oorweeg. Vermy baadjies met te veel sakke of addisionele detail, dit laat jou figuur ekstra bonkig lyk.
Terwyl jy nie oornag langer sal word nie, kan die regte paar skoene die illusie van langer bene gee. Om die illusie van nimmereindigende bene te skep, dra hakke wat met jou veltoon ooreenstem en vermy breë enkelbande. Hakke en sandale sonder enkelbande laat jou been langer vertoon deur die “lyn” van jou lyf te verleng.
Indien jy ’n lospassende top dra, moet jy ’n styfpassende broek daarby dra. Dieselfde geld vir die omgekeerde. Jy kan bonkige materiale en opvallende detail soos plooie, valle en sakke by jou kleiner bates dra, maar vermy dit by groter dele en dra eerder dunner materiale of ’n snyersnit in donker kleure en skoon lyne.
Lees ook: Lyk vleiend in lospassende klere
’n Asimmetriese top is dadelik vleiend. In plaas daarvan dat die soom oor jou middel beweeg (wat verdeel en groter vertoon) dwing ’n asimmetriese lyn die oog in ’n diagonale lyn wat jou maag en bobene meer vlei.
Hou patrone in verhouding met jou figuur. Hoe groter jou bou, hoe groter kan die patroon wees en omgekeerd.
Indien jy voller boude wil verbloem, kies denims met groot, regaf sakke. Daar moet ook nie ’n groot spasie tussen die sakke wees nie.
Lees ook: 8 wenke vir daardie perfekte denimpaar
Volg hierdie kleur-riglyn: Dra ligte en helder kleure in die areas wat jy wil uitlig; donker by die dele wat jy wil verbloem.
Lees ook: Die vleiendste denimromp vir jou figuur
Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…
Die Liedjieboer Anton Goosen is terug met ’n storie wat die hart tref. Anton, een…
Die voordele wat ontklottering vir ons inhou, word wyd besing. Om te ontklotter beteken nie…
Dink gou oor hierdie vraag: Moet jy mense sien om hulle te kan hoor? Dan…
Dit was die woorde waarmee glanssjef Bertus Basson die deelnemers aan vanjaar se naelbyt-seisoen…
Hierdie webwerf gebruik koekies.