Hier is ’n paar praktiese wenke waarmee jy sommer dadelik kan begin:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Jy sal beter en minder gestres voel as jy leer om net op een ding op ’n slag te fokus. Soms moet ’n mens aan meer as een ding gelyktydig aandag gee, maar probeer om al daardie “multi-tasking” te beperk tot ’n spesifieke tyd elke dag.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Sodoende hoef jy nie te stres dat jy iets gaan vergeet nie, en jy maak dit makliker vir jou brein om ander goed te onthou. Hou die lysies kort – so drie take (maksimum) per dag. Anders word dit dalk ook ’n bron van ekstra stres.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
As jy een van daardie mense is wat hóú van drama, moenie wonder hoekom jy gedurig gestres is nie! Voordat jy weer van ’n nietigheid ’n drama maak, vra jouself eenvoudig af: gaan hierdie nog saak maak oor vyf jaar? Of vyf weke? Of selfs oor vyf dae? As die antwoord nee is, beweeg aan, spaar jou energie en beperk jou stres.
Dus, meer aksie, minder wroeging. Dit gaan jou minder magteloos en pessimisties laat voel. ’n Praktiese voorbeeld: sukkel jy om met jou salaris uit te kom? Spandeer dan eerder jou tyd aan die soek na oplossings. Byvoorbeeld: watter uitgawes om te sny en hoe om dalk ekstra geld te maak. As jy heeldag net loop en dink aan jou probleem (te min geld) gaan jy net al hoe meer miserabel raak.
Baie misverstande ontstaan omdat ons dink ons weet wat iemand dink. Werk eerder aan jou kommunikasievaardighede. Vra hom of haar reguit! So vermy jy konflik en negatiwiteit en mors jy minder energie en tyd.
Eenvoudig, maar ’n besliste manier om stres te beperk. Nie net gaan jy meer ontspanne wees voor werk nie, maar die kans dat jy iets belangriks by die huis gaan vergeet wat jou dag later gaan bederf, is ook kleiner.
Dit is nie altyd moontlik nie, maar die Sweed Hendrik Edberg, op wie se Positivity Blog ek hierdie lekker wenke raakgeloop het, sê dit help hom om 45 minute lank baie gefokus te werk en dan ’n blaaskans van 15 minute weg van sy lessenaar te neem. Gaan loop ’n draai, drink ’n koppie tee of ’n glas water, eet iets, lees ’n artikel in ʼn tydskrif … Dit keer dat stres gedurende jou werksdag net bly opbou.
Lees ook: Kry weer woema in die winter
Dit is veral moeilik omdat ons almal deesdae omtrent op ons skootrekenaars leef. Jou werk bly nie noodwendig meer by die werk nie. Edberg sê dit werk vir hom om te sê hy werk nooit voor agtuur soggens of na sewe saans nie.
Probeer om naweke van jou rekenaar of foon weg te bly, veral as dit kom by werksake. Dit keer dat jy oor naweke oor werk bekommer, en by die werk sit en wens dit was naweek. Edberg noem dit die grys sone, en sê dit is hierdie grys sone wat al die vreugde uit ’n mens se lewe steel. “Dit maak ’n mens so gestres dat jy selfs sukkel om te slaap.”
Sekere dinge moet gedoen word. Maak dit jou eerste prioriteit, maar moenie van elke liewe ding in jou dagboek ’n prioriteit maak nie. Doen die noodsaaklikste goed daagliks, maar ruim saans en naweke tyd in vir iets waarvan jy hou. Dit verlaag nie net jou stresvlakke nie, maar gee jou ook sommer nuwe energie.
Lees ook: Tydsbestuur: Kry meer uit jou dag
Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…
Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…
Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…
Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou. [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…
Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…
In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…
Hierdie webwerf gebruik koekies.