kategorieë: Leef gesondGesondheid

10 wenke om jou kanse op beroerte te verminder

10 wenke om jou kanse op beroerte te verminder deur Salomé Delport. Verwerk vanaf die oorspronklike artikel: Belangrike dinge wat jy oor beroertes behoort te weet

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Verminder jou beroerte-risiko

Hier is 10 praktiese wenke wat jou kans op beroerte kan verminder

Lees ook: Wat elke vrou oor hartsiekte moet weet

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Kry jou bloeddruk laer

As dit nie onder 130/80 is nie, gebruik medikasie.

Lees ook: 7 maniere om jou hoë bloeddruk te verlaag

2. Sny sout

Minder sout in jou kos en minder souterige kosse.

3. Stap

Kry matige oefening – minstens dertig minute per dag en so hard dat jy matig uitasem raak.

Lees ook: Dis tyd om weer fiks te raak!

4. Sny die koolhidrate

Suiker, soetgoed, brood, koek, lekkers en gebak van alle soorte en minder styselgroentes soos aartappels, rys en mielies. Dit sal jou trigliseriedvlak help afbring.

5. Sny die vetjies af

Dit bly ’n debat of die vetrandjie aan vleis, botter en room regtig nadelig is. Speel veilig en beperk dit liewer tot daar groter duidelikheid is.

6. Skud die ekstra kilogramme af

Hoe meer oorgewig jy is, hoe harder moet jou hart werk om bloed regdeur jou liggaam te stoot. Waar bloed stilstaan, stol dit en vorm ’n klont.

7. Hou op rook

Nikotien verswak jou are en verhoog die kans dat bloed stol.

Toets jouself: Hoe swaar rook jy nou eintlik?

8. Drink min

Alkohol kan help om bloed te verdun maar oormatige alkohol is beslis skadelik vir jou hart.

9. Keer of beheer diabetes

Dit verhoog ook jou kans op ’n beroerte. Al die vorige planne help keer ook dat jy diabetes ontwikkel. As jy reeds diabetes het, hou jou bloedsuiker dop dat jy dit onder beheer hou. En gebruik medikasie as jy nie met dieet alleen jou bloedsuiker reg hou nie.

Lees ook: Wat jy moet weet oor seks en diabetes

10. Snuif jy?

Kokaïen, heroïen, tik en metamfetamien (meth) word aan beroerte gekoppel.

Hooffoto: Negative Space vir Pexels

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

2 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

2 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

2 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.