kategorieë: VelsorgSkoonheid

10 skoonheidsvoornemens vir elke dag van 2024

1 Was jou gesig elke aand en behandel met goeie room
’n Skoon vel absorbeer bestanddele beter, veral in die aand, en juis hierom is dit belangrik om nie ongehoorsaam aan hierdie voorneme te wees nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lees ook: Was jy jou gesig reg?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2 Smeer elke dag sonskerm aan
… al is dit bewolk of winter. Sorg ook dat jou kinders nie die huis sonder sonskerm verlaat nie. In my huis gaan dit regtig dol in die oggende, daarom het ek ’n briefie op twee plekke in my huis geplak wat my daaraan herinner om sonblok aan my 10 maande oue seuntjie en driejarige dogtertjie te smeer. Dit is nie onderhandelbaar in my huis nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

3 Hou jou wenkbroue altyd in toom
Moenie wag totdat dit al ver uitgegroei het voor jy wil inspring om dit reg te maak nie. ’n Knyptangetjie (tweezer) moet in jou grimeersakkie bly. As jy ’n haartjie sien wat terug gegroei het, trek hom net daar en dan uit terwyl jy jou grimering aanwend, al beteken dit ’n haartjie ’n oggend. Voller wenkbroue is nou mode, maar dit beteken nie dit moet slordig lyk nie. Jou wenkbroue vorm die raam van jou gesig en geen poging om jou grimering so mooi as moontlik te doen gaan help as jou wenkbroue onnetjies lyk nie.

4 Haal jou grimering met ’n grimeerverwyderaar af voor jy reinig
Jou gesigwasmiddel kan nie diep genoeg reinig bo-oor jou grimering nie – dis soos om in die stort te klim met jou klere aan!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

5 Kry professionele raad
Besoek ’n kosmetiese konsultant en kry ’n behoorlike velsorgkonsultasie om te verseker jy gebruik die regte produkte vir jou veltipe. Dit is immers gratis.

6 Serum
Gebruik ten minste een serum wat geskik is vir jou spesifieke veltipe. Jy kan dit twee maal per dag gebruik vir ’n meer intense behandeling.

Lees ook: Hier’s die regte volgorde waarin jy jou velsorgprodukte moet aanwend

7 Kies ’n twee-in-een-onderlaag
Een wat dekking gee én jou vel behandel. Die kosmetiese industrie het al ’n lang pad gekom met die tegnologie in onderlaag. Vandag kan jy enige skakering kry, in die regte ondertoon en wat nes jou velsorgprodukte goed is vir jou vel. Maak seker jy besit een en vra vir ’n grimeerkonsultasie by kosmetiese toonbanke. Jy verdien om te sien hoe dit op jou vel vertoon voor jy dit koop.

8 Gebruik oogroom
Vandag kan jy kies of dit donker kringe, pofferigheid of lyne moet verbeter. Selfs al is jy jonk, is ’n oogroom met SPF belangrik om te verseker dat jou vel vir langer jonk lyk.

9 Wend grimering behoorlik en sorgvuldig aan
Al dra jy min grimering (of baie) is dit belangrik om dit behoorlik aan te wend. Kry die regte gereedskap/borsels en jy sal die verskil sien. Wanner jy grimering by ’n kosmetiese toonbank koop, vra gerus vir raad oor hoe om dit aan te wend.

10 Besoek ’n dermatoloog vir ’n “mole mapping” konsultasie
Hulle hou boek van elke moesie op jou lyf met behulp van ’n masjien wat ’n foto daarvan neem en hulle kyk ook vir potensiële kwaadaardigheid. Die foto’s word dan gestoor tot die volgende jaar wanneer jy weer gaan. Die realiteit hiervan het my getref toe my oom vanjaar jaar vir ’n ernstige operasie moes gaan om ’n melanoom en limfklier te verwyder. Jy hoef nie hierdeur te gaan as jy proaktief is nie. Jou lewe kan hiervan afhang.
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

9 mins Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

17 mins Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

21 mins Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

39 mins Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

1 hour Gelede

Heerlike winterpastagebak

Hierdie heerlike pastagebak is genoeg vir 6 porsies.

1 hour Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.