kategorieë: Skoonheid

10 velsorgwenke wat jy jou dogter moet leer

1 Verwyder altyd jou grimering voor jy gaan slaap

Jou vel vernuwe en absorbeer die beste vog terwyl jy slaap (veral tussen 1-5vm). As jy egter grimering aanhet, sal jou vel geblok word (en tieners sukkel klaar hiermee).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2 Moenie seep op jou gesig gebruik nie

Seep is alkalies en jou vel is natuurlik meer suur-vormend. Die seep kan ’n wanbalans skep en puisies veroorsaak. Gebruik eerder ’n gesigwas of reiniger.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

3 Moenie puisies uitdruk nie

Maak eerder ’n afspraak by ’n velsorgspesialis wat dit professioneel doen, anders kan jy dalk met letsels sit,” sê Sandy. “Veral tienerseuns is geneig om meer aknee te kry en dit piek gewoonlik rondom die ouderdom van 18,” verduidelik dr. Maureen. Gebruik ’n anti-bakterieële gesigwas en oorweeg laser-terapie by ’n aestetiese kliniek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

4 Gebruik altyd sonskerm

“Onthou 80% van alle sonskade vind plaas op die ouderdom van 20. Gebruik ’n daaglikse bevogtiger met ’n breëspektrum sonskerm en as jy kleur wil hê “fake dit” met selfverbruining,” sê dr. Maureen.

5 Reinig, toon en bevogtig jou mantra

Doen dit twee keer per dag. Net soos wat jy twee keer per dag jou tande borsel. En onthou, jou vel is jou grootste orgaan en kan nie so maklik soos ’n tand vervang word nie!

6 Moenie begin rook nie

Rook verminder die vlakke van kollageen in jou vel en sal jou vroeër oud laat lyk. Die meeste rokers se vel lyk meer dof en grys en het meer plooitjies om hul monde.

7 Skilfer twee keer per week af

Dis ’n goeie gewoonte om aan te leer.

8 Eet gesonder

Kies kosse wat baie antioksidante bevat – soos vars vrugte, groente en hoë-vesel grane.

9 Drink groen tee

Elke dag. Dit is ook hoog in antioksidante.

10 Slaap genoeg

Tieners het sowat 10 ure se slaap per nag nodig. Gedurende hierdie periode word ’n groei-hormoon vrygestel wat selfvernuwing stimuleer.

Lees ook: Raad vir ’n tienervel

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

3 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

21 hours Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

23 hours Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

1 day Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

1 day Gelede

4 geheime van gesonde, gebalanseerde vroue

  1 Eet stadig Die praktyk van hara hachi bu hou die mense van Okinawa…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.