kategorieë: WenkeSkoonheid

9 tydspaarwenke vir besige ma’s

1. Hou jou daaglikse grimering apart
Ek bêre ’n aparte houertjie met my daaglikse grimering in my spieëltafel se laai. Dit bevat natuurlike oogskadu’s, bb-room of onderlaag, maskara en blosser.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

2. Hou ekstra grimering en grimeerverwyderingslappies in jou handsak
Jy kan altyd maskara en lipstiffie aanwend sodra jy jou kar by jou bestemming parkeer het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

3. Moenie van sonskerm vergeet nie
Ek bêre my sonskerm langs my dagroom en sit dit onmiddelik daarna aan, anders vergeet ek. Ons almal weet watter skade die son ons vel kan aanrig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

4. Gebruik jou roomblosser ook as lipstiffie
Ek het ’n wonderlike roomblosser wat amper soos ’n dik lipstiffie lyk, dit is vining om aan te wend en as ek nie lipstiffie byderhand het nie, smeer ek dit sommer ook aan my lippe vir ’n natuurlike kleur.

5. Bestee geld aan ’n goeie haarstyl en verminder stileertyd
Wees eerlik met jou haarkapper oor hoeveel tyd jy elke dag het om jou hare te stileer en kies eerder ’n styl wat sal goed lyk, selfs al blaas jy dit nie droog nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

6. Was jou hare die vorige aand
En spuit dit dan die volgende oggend net liggies nat as jy dit wil droogblaas.

7. Bly op die hoogte van tuisversorging
Probeer om so gereeld moontlik uitgroeihaartjies op jou gesig te pluk of te waks sodat jy nie een (gejaagde) oggend alles gelyk raaksien en krisisbeheer moet toepas nie.

8. Maak haarafsprake vooruit
Ons besef dikwels te laat dat ons haarkleur of -styl uitgegroei is en dan moet ons sukkel om iewers ’n afspraak in te prop of erger, ons moet soms ’n week of langer loop met hare wat ons “lelik” laat voel. Gebruik die elektroniese kalender op jou foon en maak jou volgende paar haarafsprake wanneer jy by jou haarkapper is.

9. Hou selfbruinprodukte vir naweke
Moet nooit ooit kitsverbruiningsprodukte aanwend as jy soggens haastig is nie, behalwe as jy so ’n pro is dat jy dit gereeld doen! Glo my, daar gaan iewers deur die dag aaklige geelbruin strepe verskyn en dan gaan jy wens jy het dit liefs nie gedoen nie. Doen dit eerder saans (ten minste ’n uur voor bedtyd anders vlek jou beddegoed dalk), of naweke wanneer jy tyd het om eers jou lyf te skrob en voor te berei.

Lees ook: 10 grimeerwenke vir ’n jonger voorkoms

Deel
Gepubliseer deur
Suzanne Kotzé

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

14 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

15 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

18 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

19 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.