kategorieë: Ontspanning

10 tekens van lente

1. Die weer kan van dag na dag verander

… veral in die Kaap! Dis warm, dis winderig, en dan is dit vriesend koud. Jou kleredrag wissel deur die dag van ’n ligte top tot ’n warm serp. Een dag is dit warm en sonnig en die volgende oggend is dit weer winter, net om die volgende dag deur ’n hittegolf getref te word. As jy nie kan tred hou met die weer nie, is dit beslis lente.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2. Verkeersknope

Die eerste warm dae van die lente het ons reeds getref. O, die opwinding as jy en jou gesin Sondag strand toe kan gaan … net om in buffer-teen-buffer verkeer vas te sit omdat almal in die stad dieselfde slim plan bedink het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

3. Roomys

Die bekende geluid van die roomysverkoper se karretjie of kombi kondig die lente aan. Net wat jy wil hoor op ’n warm dag. Jou kinders ontwikkel supersoniese gehoor en kan die kombi etlike kilometers vêr hoor en jy moet vroegtydig die geld reg hou. As jy lang rye kinders voor ’n roomyskombi sien, kan jy maar weet. Dis lente!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

4. Bikini’s oral

Groet jou lywige baadjie en haal jou bikini uit. Jy sal sien, elke winkelpop dra nou ’n bikini. Dit is net ’n vriendelike herinnering dat die somer net om die draai is.

5. Haai daar, gimnasium!

As die somer naderkruip, raak die spin-klasse al voller. Gimnasiums word oorval deur almal wat dadelik somerlywe wil hê. Dit is ’n seisoen van voorbereiding. Dit is lente!

6. Minder verkoues, maar … meer sniesies

Totsiens antibiotika, hallo ALLERGEX. Lente is in die lug (in meer as een opsig). Blomstuif waai rond en hooikoors pak almal. Jy het altyd ’n pak snesies, neussproei en Allergex byderhand. Die bye gons … en jy weet dit is allergie-seisoen.

7. Gebarste hakker en lelike toonnaels

Die stryd begin! Jy grawe in jou kas vir jou pragtige sandale wat by jou gunstelingsonrok pas, en dan trek jy jou winterskoene uit … Net om te besef jou voete is nie in ’n toestand om in die openbaar vertoon te word nie. Ons het ’n geheim om met jou te deel:

Smoothe Beauty sal jou help om jou onooglike hakke en toonnaels skoen-gereed te kry.

8. Bleek en harig

Almal sukkel met beenhare en bleek bene aan die begin van die lente. Wie skeer nou in die winter? In die winter gee ons ons bene ’n blaaskans van skeermesse en waks, maar as die lente aanbreek, breek die nare werklikheid ook aan. En as jou beenhare af is, besef jy jou bene is melkwit gebleik! Maar moenie bekommer nie, jou plaaslike spa sal die beenhare met ’n paar vinnige waks-repies verwyder en raad gee vir sonbruin bene.

9. Ontspan!

In die lente word die dae warmer, sonsondergange mooier en drinkgoed koeler.

Jy kan die lente in die lug voel as jy met ’n koel drankie ontspan en die mooi seisoen saam met vriende en familie geniet.

Het jy geweet Saints Burger Joint het nie net die beste uitsig oor Tafelberg nie, maar ook meer as 40 tuisbrouersbiere waaraan jy kan proe.

10. Ons kan uiteindelik braai!

Jy ruik vleisbraaivure en jy kry lus vir aartappelslaai, wors wat op die kole sis en ’n sagte tjoppie. Die lente is beslis hier!

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: lente

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

3 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.