1. Die weer kan van dag na dag verander
… veral in die Kaap! Dis warm, dis winderig, en dan is dit vriesend koud. Jou kleredrag wissel deur die dag van ’n ligte top tot ’n warm serp. Een dag is dit warm en sonnig en die volgende oggend is dit weer winter, net om die volgende dag deur ’n hittegolf getref te word. As jy nie kan tred hou met die weer nie, is dit beslis lente.
2. Verkeersknope
Die eerste warm dae van die lente het ons reeds getref. O, die opwinding as jy en jou gesin Sondag strand toe kan gaan … net om in buffer-teen-buffer verkeer vas te sit omdat almal in die stad dieselfde slim plan bedink het.
3. Roomys
Die bekende geluid van die roomysverkoper se karretjie of kombi kondig die lente aan. Net wat jy wil hoor op ’n warm dag. Jou kinders ontwikkel supersoniese gehoor en kan die kombi etlike kilometers vêr hoor en jy moet vroegtydig die geld reg hou. As jy lang rye kinders voor ’n roomyskombi sien, kan jy maar weet. Dis lente!
4. Bikini’s oral
Groet jou lywige baadjie en haal jou bikini uit. Jy sal sien, elke winkelpop dra nou ’n bikini. Dit is net ’n vriendelike herinnering dat die somer net om die draai is.
5. Haai daar, gimnasium!
As die somer naderkruip, raak die spin-klasse al voller. Gimnasiums word oorval deur almal wat dadelik somerlywe wil hê. Dit is ’n seisoen van voorbereiding. Dit is lente!
6. Minder verkoues, maar … meer sniesies
Totsiens antibiotika, hallo ALLERGEX. Lente is in die lug (in meer as een opsig). Blomstuif waai rond en hooikoors pak almal. Jy het altyd ’n pak snesies, neussproei en Allergex byderhand. Die bye gons … en jy weet dit is allergie-seisoen.
7. Gebarste hakker en lelike toonnaels
Die stryd begin! Jy grawe in jou kas vir jou pragtige sandale wat by jou gunstelingsonrok pas, en dan trek jy jou winterskoene uit … Net om te besef jou voete is nie in ’n toestand om in die openbaar vertoon te word nie. Ons het ’n geheim om met jou te deel:
Smoothe Beauty sal jou help om jou onooglike hakke en toonnaels skoen-gereed te kry.
8. Bleek en harig
Almal sukkel met beenhare en bleek bene aan die begin van die lente. Wie skeer nou in die winter? In die winter gee ons ons bene ’n blaaskans van skeermesse en waks, maar as die lente aanbreek, breek die nare werklikheid ook aan. En as jou beenhare af is, besef jy jou bene is melkwit gebleik! Maar moenie bekommer nie, jou plaaslike spa sal die beenhare met ’n paar vinnige waks-repies verwyder en raad gee vir sonbruin bene.
9. Ontspan!
In die lente word die dae warmer, sonsondergange mooier en drinkgoed koeler.
Jy kan die lente in die lug voel as jy met ’n koel drankie ontspan en die mooi seisoen saam met vriende en familie geniet.
Het jy geweet Saints Burger Joint het nie net die beste uitsig oor Tafelberg nie, maar ook meer as 40 tuisbrouersbiere waaraan jy kan proe.
10. Ons kan uiteindelik braai!
Jy ruik vleisbraaivure en jy kry lus vir aartappelslaai, wors wat op die kole sis en ’n sagte tjoppie. Die lente is beslis hier!