Voorbladster Rolene Strauss: Kan ’n Mej Wêreld heimlik voel sy is nie mooi of goed genoeg nie?
Dís wat Rolene Strauss beleef het. Sy vertel hoe sy haar binnestryd in ’n geskenk aan elke vrou wat selftwyfel ervaar, omskep het.
Wat is nuut op die boekrak?
Hierdie maand het ons ’n lekker allegaartjie van boeke wat wissel van ’n opwindende avontuur vir kinders, tot essays met ’n verskil en bekendes wat oor depressie en braai skryf
Sjiek en swierige mode
Ervaar die son en die see met klere wat ideaal vir hierdie somer in sonnige Suid-Afrika is. Ons wys jou hoe om die warm seisoen in styl aan te pak.
Jou beste hare nóg
Ons November-uitgawe verken goeie haarsorg vir elke kleur, tekstuur en stadium van jou haarlewe. Effektiewe haarsorg is nie net noodsaaklik nie, maar ook ’n langtermyn belegging wat jou hare altyd mooi sal hou.
Ons gesels met Deon Lotz
Hy is alombekend as een van die bedrywigste akteurs in die land, en van aftree is daar geen sprake nie.
Wen ’n vakansie by Safari Moon Luxury Bush Lodge
Een gelukkige leser kan ’n safari-wegbreek vir twee ter waarde van R24 000 wen!
Maklike middagetes
Moeg vir die gewone disse? In ons splinternuwe uitgawe is ’n paar anderste idees wat jou heerlik sal laat smul.
As jy werklik lief is vir my …
Jy voel behoorlik soos ‘n pion op ‘n skaakbord en verkeer konstant duskant skaakmat. Kenners vertel wat emosionele afpersing is.
Doen jou deel vir die aarde
Die uitdagings wat ons planeet in die gesig staar, lyk oorweldigend. Maar ons kan almal iets doen. Ons wys jou maniere waarop jy tuis ’n bydrae tot ’n groener aarde kan maak.
Hang dit op
Hekel in ’n kits ’n stewige hangmandjie en ’n kershouer vir die patio.
Lees ook: 10 maklike kruie vir die kombuis wat jy moet kweek