Aanhouer wen
Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika- kompetisie gekroon. Alle hoop was op ’n Mej Heelal- kroon en toe sy met leë hande tuiskom, was die teleurstelling diep. Vir haar persoonlik ook. Sedertdien het sy ’n pad van introspeksie gestap en haar persoonlike trauma verwerk.
Warm mode met koeler dae
Mej SA Natasha Joubert en haar ma, Ninette, wys hoe koeler dae opgehelder kan word.
Bekende mans oor hul ma’s: Willem Botha, Bennie Fourie en Hannes van Wyk
Tot in graad 7, was Willem Botha die seuntjie wat nog geglo het hy gaan met sy ma trou. Sy is steeds vandag vir hom vreeslik mooi en vir haar bly hy altyd haar Willempie
Vir Bennie Fourie is dit belangrik dat daar humorsin tussen ’n ma en seun is. Dis hierdie gemaklikheid wat die band tussen hom en sy ma, Susan, so sterk maak
Die jong akteur Johnny Potsanyane het sy ma, Sharon, twee jaar gelede verloor, maar die kosbare lewenslesse wat hy by haar geleer het, sal hy vir altyd in sy lewe toepas
Die seerste seer
Enigiemand wat al gebrand het, op watter manier ook al, sal kan getuig van die ontsettende pyn, daarom is voorkoming van die uiterste belang
Bobaas voor die stoof
Die week is lank en vol verantwoordelikhede en aktiwiteite en jy wil nie nog dink wat om vir ete te maak nie. Twee bekende sjefs maak dinge vir jou maklik!
Soet genoeg
Dis die eenvoudigste poedings wat dikwels die lekkerste is! Corli Botha deel drie van haar gunstelinge
Annelie Botes skryf oor bêregoed
In die kantlaaie en voorste oopklaplaaitjie van die Singer-naaldwerkmasjien, waar my ma altyd haar naaldwerktoebehore gebêre het, is my persoonlike artikels. Pen. Teekersies. Dagboekie. En ’n doekspeld met ’n wit veiligheidsomhulsel.
Skewe deksel, gekraakte pot
Bestaan daar ’n perfekte deksel vir elke pot? Ons droom van die perfekte romantiese verhouding, maar vergeet soms die werklikhede van menswees.
WEN ’n wegbreek vir jou en jou ma by Erinvale Estate Hotel & Spa
Een gelukkige leser kan twee aande se verblyf wen wat ’n spa-behandeling vir twee en aandete insluit. Dit alles ter waarde van R30 000!
Eenvoudig pragtig
Brei ‘n mooi trui en pas dié maklike patroon aan soos jy wil.