kategorieë: Ons menseBekendes

10 redes waarom jy die Maart-uitgawe van rooi rose móét lees!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

‘Ek is ’n skrywer’

Haar lewe lank al het Margaret Gardiner haar drome vreesloos nagejaag, sonder om die dinge prys te gee wat vir haar saak maak. Sy hoop om met haar eerste fiksie-boek vir vroue te wys dat jy jou lewe nie volgens ander se reëls hoef te speel nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wen ’n matriekafskeidrok!

Wil jy op jou mooiste op jou matriekafskeid lyk? Skryf dan in om jou droomontwerp ’n werklikheid saam met ontwerper Diaan Daniels te maak.

Ons loer in by: Kurt Darren, Jan Braai en Anél Botha

Sedert die gewilde sanger Kurt Darren sy eerste treffer ‘Meisie meisie’ in 2002 uitgereik het, het sy gewildheid nie getaan nie en ry hy steeds op die golf van sukses. Buiten sy roemryke sangloopbaan is Kurt ook ’n toegewyde pa, mentor, entrepreneur en eggenoot. En sy wederhelf, Dunay, is die anker op sy lewensreis.

Is daar ’n lekkerder Suid-Afrikaanse tydverdryf as ’n paar tjoppies, wors en braaibroodjies oor die kole en is daar iemand meer sinoniem met braai as Jan Braai? Maryke Roberts het by hom gaan ‘vuur aansteek’ oor hoe hy help om ’n volkstradisie te bewaar én voortdurend te bly vernuwe.

Anél Botha Couture is sinoniem met rooitapytmodes en glanspersoonlikhede, en haar ontwerpe laat mense dikwels na hul asems snak. Sukses het egter nie in haar skoot geval nie en sy het van kleins af geleer dat jy slegs deur harde werk bo uitkom

Eenvoudig met eiers

Daar is seker meer as ’n dosyn redes waarom eiers goed is vir jou. En net soveel verskillende maniere waarop jy dit kan geniet.

Parkinson se siekte: Diepbreinstimulasie bring hoop

Hoe gemaak as medikasie die simptome van Parkinson se siekte nie voldoende verlig nie? Sommige pasiënte vind baat by die inplanting van elektrodes in die brein, waarheen ’n sein gestuur word. Vind meer uit oor die voordele van diepbreinstimulasie.

Denim wil sy dra

Denim gaan nooit uit die mode en jy kan dit so deftig of gemaklik dra soos jy wil.

So soet soos sjokolade

Sjokolade word al sedert die 15de eeu geniet, en is steeds gewild en heerlik. Hier is ’n paar klassieke gunstelinge daarmee.

Die sondes van die vaders en moeders

Baie kinders verwyt hul ouers om verskillende redes. Of dit nou weens ’n egskeiding, finansiële stres of moeilike huislike omstandighede was. Maar kan jy as volwassene steeds jou ouers blameer?

Afrikaanse skole: Wat nou?

In ‘n land waar min kinders nog in Afrikaans swot, Engels in die beroepswêreld gedy, en die Bela-wet skole bedreig, is daar ouers wat wonder waarom hulle hul kinders ooit in Afrikaans moet laat skoolgaan. Zerelda Esterhuizen stel ondersoek in

Die letsels van trauma

As jy die slagoffer van ’n tragiese voorval soos ’n inbraak, ’n kaping of verkragting was of ’n ooggetuie van ’n tragiese gebeurtenis, kan jy dalk vir maande aan post traumatiese stres simptome ly wat tot post traumatiese stres versteuring (PTSV) kan lei. Kan jy herstel?

Lees ook: 10 gelukkige lesers kan elk ‘n HANNONS-primer WEN!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

11 hours Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

17 hours Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

18 hours Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

18 hours Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

18 hours Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

19 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.