kategorieë: Ons menseBekendes

10 redes waarom jy die Maart-uitgawe van rooi rose móét lees!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lieflike Lika is broos, maar braaf

Die aktrise Lika Berning kan nou ook regisseur agter haar naam skryf. Dié ma van drie erken haar eerste rolprent was ’     n ware vuurdoop, maar sy sien kans vir nog.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dans met die lang rok

Somer spel geleenthede in die ope lug. Hierdie rokke sal jou mooi laat voel en lyk.

Ons gesels met: Henck Conrey, André Schwartz en June van Merch

Dis nie maklik om Henck Conrey in ’n boksie te plaas nie. Om sy talente onder die soeklig vas te vang nie. Maar een ding staan soos ’n paal bo water. Hy glo sy sukses is te danke aan die positiewe rol wat sy ouers in sy lewe speel en baie genade van Bo.

Kwesbaarheid en ’n passievolle respek vir sy kunsvorm (en dié van ander), is van die kenmerke wat in die sanger André Schwartz se loopbaan en vriendskappe verweef is

June van Merch, een van ons mees gerespekteerde aktrises, erken sy voel die krag van jare se ervaring, maar tog is vleitaal die een ding wat sy nooit gaan soek het nie

Die groot gevaar van ’n  grootheidswaan

Die proses om ’n verhouding met ’n narsis te verbreek, kan baie verwarrend, stresvol en uitputtend wees, maar dit is moontlik om gesond te word. Dit gaan egter baie tyd, introspeksie en ondersteuning verg

Klein bietjie rys

Jy spaar soveel tyd en koste wanneer jy ’n oorskietrys in die yskas het. Gebruik dit om  splinternuwe en lekker geregte in ’n japtrap te maak

As jy begin vergeet

Sover is daar geen kuur vir alzheimersiekte nie, maar navorsingsresultate dui toenemend op risikofaktore waarvan ons kennis móét neem. Vind uit watter leefstylveranderinge jou risiko kan verminder – selfs al dra jy die geen – en hoe neuroplastisiteit breinreserwes kan bou wat die uitwerking van demensie kan teenwerk of vertraag

Ken die verskil

Haarverlies en hare wat natuurlik uitval is nie dieselfde nie – so ook nie ’n droë kopvel en skilfers nie. Ken die verskil en hanteer dit op die regte manier

Stoftrappers van Wuppertal

Eerder as ‘agter elke suksesvolle man, is ’n vrou’ gaan hierdie storie oor ‘agter elke suksesvolle staptog is daar ’n klompie vroue’. Die Wuppertal66 is ’n unieke staproete deur die groter gemeenskap van Wuppertal in die Cederberg van die Wes-Kaap. En daar’s ’n hand vol vroue agter die sukses van hierdie wenslysstap

WEN ’n diamantring van witgoud!

Een gelukkig leser kan ’n baie spesiale trou- of verloofring ter waarde van R55 000 van die juwelier Tanur wen!

Klere kry ’n tweede kans

Moeg vir vervelige winkelmodes wat alles dieselfde lyk? Sluit gerus aan by die kultuur van hergebruik. Jy sal die koppe laat draai en boonop tot ’n groener samelewing bydra.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Kristen Raath oor die gewaagde universiteitsdrama, Wyfie

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

2 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

2 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

2 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.