kategorieë: Ons menseBekendes

10 redes waarom jy die Julie-uitgawe van rooi rose móét lees!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Haar hart ken stories

Dinamiet kom in klein pakkies, maar dit laat blywende indrukke en dis die beste beskrywing vir dié aktrise, skrywer, vervaardiger, fliekmaker, eggenoot en ma. Donnalee Roberts word in Augustus 40 en gesels oor haar bedrywige lewe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sprokiesdagskoonheid

Die trouseisoen kom nader en daarom is dit nou die perfekte tyd om jou skoonheidsroetine te begin aanpas. Ons gee vir jou al die wenke wat jy sal nodig hê – van velsorg tot parfuum.

Ons loer in by: Annelie Botes, David Viviers en Emo Adams

Annelie Botes is nie net ’n storieskrywer nie, maar ’n storieverteller van formaat vir duisende lesers. Dit was dié lesers wat vir haar gebid het toe sy dodelik siek was. Nou, sê sy, is daar net herinneringe oor en neem sy afskeid van ’n eens goeie lewe

Nie alleen is hy goed op dreef om sy plek as akteur in die toneelbedryf te vestig nie, maar David Viviers, ’n selferkende introvert en nerd, het ook reeds sy eerste boek gepubliseer.

Sanger, akteur, TV-aanbieder, vervaardiger en deesdae ook ’n sakeman. Emo Adams kyk met trots terug op ’n loopbaan van meer as drie dekades lank, maar reken in sy volgende lewe is hy ’n skrynwerker.

’n Skeppie warm liefde

Hoe kouer dit buite raak, hoe warmer wil ons van binne af bly. Hierdie warm geregte sal jou teen die byt in die lug pantser

Kry nuwe vlerke op 40

Al word daar dikwels gesê die lewe begin eers op 40, maak die getal 40 jou dalk beangs omdat jy voel jy het nog nie jou volle potensiaal in die lewe bereik of jou drome verwesenlik nie. ’n Klompie 40- en 50-plussers vertel hoe hul lewe betekenisvoller geraak het nadat hulle drastiese spronge gewaag het.

Die groot verslawing van ons tyd

Die gebruik van e-sigarette en damprookprodukte onder tieners en selfs kinders is ’n groot krisis waarvoor niemand antwoorde het nie. Zerelda Esterhuizen vind meer uit.

Egskeiding: Maak die proses makliker

As ’n egskeiding soos ‘n berg voor jou verrys, kort jy kennis, vernuf en steun. Kenners gee raad oor die emosionele en regsaspekte van dié uitdagende proses

Wanneer stres om jou middel wys

Het jy geweet dat oortollige gewig, veral rondom die buik, op verhoogde stresvlakke kan dui? Deur die wortel van die kwaad aan te spreek, kan jy jou fisieke en emosionele balans herstel en boonop diabetes, hartsiekte en ander gesondheidsrisiko’s systap.

Wilder as wild

Om ’n veeplaas in ’n wildplaas te omskep, was geen maklike taak nie, maar Qwabi in die Waterberge het reeds ’n magdom diere en bied ’n unieke boservaring.

Eindig dit soet

Wat is wintergeregte nou sonder ’n lekker nagereg? Ons deel ’n paar gunstelinge.

Lees ook: WEN ‘n Guess Iconic-geskenkpak ter waarde van meer as R3 800!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Sensitiwiteit: ’n Gawe of ’n vloek?

Sensitiwiteit is nie ’n swakheid of iets wat reggemaak moet word nie. Dis iets wat…

8 mins Gelede

Bob Martin se virtuele portaal vir troeteldierversorging

Soms is dit moeilik om die ouer van ’n troeteldier te wees, veral wanneer dit…

17 mins Gelede

Wat soek ‘Kokkedoor: Son & See’ se beoordelaars? Sjef Yolani Abrahams vertel

Die passievolle kos-entoesias Yolani Abrahams (32) is saam met Herman Lensing een van die beoordelaars…

3 hours Gelede

Dié ekspo in Pretoria bied iets aan vir die hele familie – Dis Outdoor X tyd

Vanaf 30 Mei tot 1 Junie, vind dié ekspo plaas by Idlewild Country Estate, net…

5 hours Gelede

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

1 day Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.