Haar hart ken stories
Dinamiet kom in klein pakkies, maar dit laat blywende indrukke en dis die beste beskrywing vir dié aktrise, skrywer, vervaardiger, fliekmaker, eggenoot en ma. Donnalee Roberts word in Augustus 40 en gesels oor haar bedrywige lewe.
Sprokiesdagskoonheid
Die trouseisoen kom nader en daarom is dit nou die perfekte tyd om jou skoonheidsroetine te begin aanpas. Ons gee vir jou al die wenke wat jy sal nodig hê – van velsorg tot parfuum.
Ons loer in by: Annelie Botes, David Viviers en Emo Adams
Annelie Botes is nie net ’n storieskrywer nie, maar ’n storieverteller van formaat vir duisende lesers. Dit was dié lesers wat vir haar gebid het toe sy dodelik siek was. Nou, sê sy, is daar net herinneringe oor en neem sy afskeid van ’n eens goeie lewe
Nie alleen is hy goed op dreef om sy plek as akteur in die toneelbedryf te vestig nie, maar David Viviers, ’n selferkende introvert en nerd, het ook reeds sy eerste boek gepubliseer.
Sanger, akteur, TV-aanbieder, vervaardiger en deesdae ook ’n sakeman. Emo Adams kyk met trots terug op ’n loopbaan van meer as drie dekades lank, maar reken in sy volgende lewe is hy ’n skrynwerker.
’n Skeppie warm liefde
Hoe kouer dit buite raak, hoe warmer wil ons van binne af bly. Hierdie warm geregte sal jou teen die byt in die lug pantser
Kry nuwe vlerke op 40
Al word daar dikwels gesê die lewe begin eers op 40, maak die getal 40 jou dalk beangs omdat jy voel jy het nog nie jou volle potensiaal in die lewe bereik of jou drome verwesenlik nie. ’n Klompie 40- en 50-plussers vertel hoe hul lewe betekenisvoller geraak het nadat hulle drastiese spronge gewaag het.
Die groot verslawing van ons tyd
Die gebruik van e-sigarette en damprookprodukte onder tieners en selfs kinders is ’n groot krisis waarvoor niemand antwoorde het nie. Zerelda Esterhuizen vind meer uit.
Egskeiding: Maak die proses makliker
As ’n egskeiding soos ‘n berg voor jou verrys, kort jy kennis, vernuf en steun. Kenners gee raad oor die emosionele en regsaspekte van dié uitdagende proses
Wanneer stres om jou middel wys
Het jy geweet dat oortollige gewig, veral rondom die buik, op verhoogde stresvlakke kan dui? Deur die wortel van die kwaad aan te spreek, kan jy jou fisieke en emosionele balans herstel en boonop diabetes, hartsiekte en ander gesondheidsrisiko’s systap.
Wilder as wild
Om ’n veeplaas in ’n wildplaas te omskep, was geen maklike taak nie, maar Qwabi in die Waterberge het reeds ’n magdom diere en bied ’n unieke boservaring.
Eindig dit soet
Wat is wintergeregte nou sonder ’n lekker nagereg? Ons deel ’n paar gunstelinge.
Lees ook: WEN ‘n Guess Iconic-geskenkpak ter waarde van meer as R3 800!