kategorieë: Ons menseBekendes

10 redes waarom jy die Januarie-uitgawe van rooi rose móét lees!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Milan: Die goue draad wat my lewe bind

Milan Murray het einde Oktober 50 geword, is ’n ma en vrou wat haar gesin bo alles stel, maar het tyd om nie net ’n onderneming te bedryf nie, maar ook steeds voor en agter die skerms te werk. In Januarie is sy weer as Nicki Swanepoel in Die Byl te sien…

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dis kompetisietyd: ’n Ma en dogter duisend

Die verhouding tussen ’n ma en dogter is iets besonders. Wat is dit wat julle s’n so spesiaal maak? Skryf in en julle kan ’n lekker ma-en-dogter-prys ter waarde van meer as R65 000 wen!

Ons loer in by: Je-Ani Swiegelaar, Gershwin Mias en Nathan Trantraal

Suster Naomi Koster is een van die gewildste karakters in Binnelanders. Je-Ani Swiegelaar speel hierdie rol al sedert 2012 en kykers beleef haar drama en vreugdes asof dit hul eie is. Dis ’n wonderlike voorreg, vertel sy aan Maryke Roberts.

Die akteur Gershwin Mias is ’n rustige mens wat glo as jy iets doen, doen jy dit behoorlik. Hy meen toneelspel is die plek waar hy as introvert sy emosies vrye teuels kan gee.

Nathan Trantraal, woord- en prentjiekunstenaar van die Kaapse Vlakte, het die houvas wat die lewe waarin hy gebore is agtergelaat, maar as jy wil styg en vlieg, sê hy, moet jy ook weet hoe om ’n goeie crash landing te maak.

Mooi broodjies bak

Enigiets met deeg bly lekker. Hier’s verskeie resepte met deeg om uit te probeer, van pitas tot bruschetta.

Tinnitus: Die geluid wat nie ophou nie

’n Konstante suising in die ore is deel van miljoene mense se daaglikse bestaan. Kan tinnitus jou gehoor beskadig? Hoe voel dit, wat veroorsaak dit, en hoe kan dit behandel word? Hier is kennersraad.

Splinternuut

Wit is simbolies van ‘n nuwe begin. Skop die jaar op ‘n modieuse noot af!

Bessie-lekker

Bederf jou spruite met hierdie lekker happies met bessies in – en hou hulle só van die snoepie weg!

Die doodse stilte oor depressie

Jaarliks sterf byna 9 000 Suid-Afrikaners aan depressie. Dit is byna 24 mense per dag. Tog sukkel ons steeds om oor dié siekte te praat. Maretha Botes gesels met kenners oor die stigma wat soos ’n parasiet aan probleme met psigiese welstand kleef.

Introverte se breinbedrading en supereienskappe

Het jy geweet ’n introvertbrein en ’n ekstrovertbrein werk verskillend –en oor watter verborge talente ‘skaam, teruggetrokke’ introverte beskik? ’n Nuwe boek bied ’n verrassende blik op die intro-, ambi- en ekstrovertkontinuum

Dis ’n wenresep!

’n  Suksesvolle onderneming gebeur nie oornag nie en verg baie meer as volharding, beplanning, bemarking en inisiatief. Vra maar vir Alet Venter wat 25 jaar terug in haar kombuis beskuit begin bak het en vandag aan meer as 1 000 winkels dwarsoor die land haar bobaasbeskuit voorsien.

Lees ook: WEN ‘n ‘Patio Pet Bed’ van Lekke Designs!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

2 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

2 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

2 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.