kategorieë: Ons menseBekendes

10 redes waarom jy die Januarie-uitgawe van rooi rose móét lees!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

’n Vol en vervullende lewe

Haar lewe het ’n paar onverwagse draaie in die laaste jaar of drie gevat, maar Desiré Gardner meen sy’t weinig rede om te kla en verwelkom die nuwe uitdagings.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

‘n Ma en dogter duisend

Die verhouding tussen ‘n ma en dogter is iets besonders. Wat is dit wat julle s’n so spesiaal maak? Skryf in en julle kan ’n lekker ma-en-dogter-prys van meer as R40 000 wen!

rooi rose is op soek na ’n ma en dogter wat ’n baie hegte band het. Vertel ons wat dit is wat jul verhouding so spesiaal maak en julle het ’n kans om ’n oormaak- en fotosessie deur Willem Botha, ’n uitrusting vir elkeen deur Reandi Grey van Grey Creations,  juwele van Jenna Clifford en ’n geskenkpak van Mont blanc wen. Jul fotosessie sal ook in ’n uitgawe van rooi rose verskyn.

Ons loer in by: Simon Rademan, Stephanie Baartman en Waldemar Schultz

Daar is min bekende Suid-Afrikaners wat nog nie in ʼn Simon Rademan-uitrusting geklee was nie. Hy mag dalk al jare lank in die bedryf wees, maar hy begin elke dag weer nuut.

Hy verskil hemelsbreed van die karakter wat hy in die reeks Die Byl vertolk, sê Waldemar Schultz wat erken hy’s nie ’n man wat skaam is om sy emosies te wys nie.

As pastoriekind het die aktrise en sangeres Stephanie Baartman in haar jong dae na haar eie identiteit gesoek. Maar deur die jare het sy ’n stewige vastrapplek in die lewe en ook as kunstenaar in die bedryf gevind. Dit het haar geleer hoe om haarself te vernuwe.

8 onnies sê hul sê

Onderwysers stap dikwels die ekstra myl vir jou kind, en dit strek veel verder as klasgee. Hul rol in jou kind se lewe – en toekomsgeluk – is onmiskenbaar. Onderwysers vertel hoe jy ’n beter verhouding met hulle kan bou.

Breinkos

Toebroodjies hoef nie net kaas of konfyt op te hê nie. Hier is ’n paar smaaklike (en fênsie!) opsies wat jy in ’n japtrap voor skool of werk kan maak.

Verstaan (uiteindelik) jou verhoudingsmaat

Hoekom is daar konflik in liefdesverhoudings? Een belangrike rede is dat verskillende persoonlikhede verskillende motiveringsdryfvere het en oorlewingsvrees ervaar sodra hulle bedreig word. ’n Dinamiese persoonlikheidstelsel werp lig op dié saak.

Servikale kanker – die goeie nuus

Servikale kanker kan suksesvol behandel word en beheer word, mits dit vroegtydig opgespoor word

2024: Jou mooiste jaar

Dis ’n nuwe jaar en dit beteken nuwe skoonheidsneigings. Vind meer uit en probeer dit self!

Wen ’n luukse wegbreek by Grootbos!

Een gelukkige leser kan twee aande se verblyf, wat onder meer ’n eet-ervaring van vyf gange insluit, ter waarde van R25 800 wen!

Oriëntering op skool: Bou of breek dit?

Die oriëntering op skole en universiteite is vandag baie makker as die ontgroening wat baie van ons en ons ouers verduur het. Maar is daar steeds ’n plek vir inlywingspraktyke of kan dit ook handuit ruk?

Lees ook: WEN ‘n Clicks Festive-mooimaakboks ter waarde van R3 700!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

4 hours Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

4 hours Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

8 hours Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

9 hours Gelede

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

3 days Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.