kategorieë: Ons menseBekendes

10 redes waarom jy die Desember-uitgawe van rooi rose móét lees!

Anri & Rina: ’n hegte band

Rina Hugo en haar dogter Anri van der Linde se verhouding is een van liefde, begrip en wedersydse respek. Dis gesetel in diep gewortelde gesinstradisies soos luilekker vakansies en Kers-samesyn op hul bosveldplaas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

n Ma en dogter duisend

Die verhouding tussen ‘n ma en dogter is iets besonders. Wat is dit wat julle s’n so spesiaal maak? Skryf in en julle kan ’n lekker ma-en-dogter-prys van meer as R40 000 wen!

rooi rose is op soek na ’n ma en dogter wat ’n baie hegte band het. Vertel ons wat dit is wat jul verhouding so spesiaal maak en julle het ’n kans om ’n oormaak- en fotosessie deur Willem Botha, ’n uitrusting vir elkeen deur Reandi Grey van Grey Creations,  juwele van Jenna Clifford en ’n geskenkpak van Mont blanc wen. Jul fotosessie sal ook in ’n uitgawe van rooi rose verskyn.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

So sê hulle: Annelie Botes se rubriek

Gesondheid en die ouderdom- Voor jy jou oë kan uitvee, het die dekades met jou weggedraf en jy is bejaard. Ongelukkig is dit só dat jou spyt en selfverwyt eers op daardie laatdag sal wakkerword.

’Ek leef in groot dankbaarheid’

As jong aktrise met hoofrolle in reekse soos Laat vrugte, Meester en Daisy de Melker was Susan Coetzer se naam op almal se lippe. Toe sy skei en ’n enkelouer word, het sy van loopbaan verander en ’n joernalis geword om die pot aan die kook te hou. Vandag het sy al meer as 30 boeke op haar kerfstok en as motiveringspreker reis sy die land vol

Stroopsoet vir Kersfees

As jy jouself die hele jaar mooi gedra het, is ’n bietjie bederf nou mos welverdiend. En met al die neute, kruie en vrugte is dit amper gesond!

Grootte én grootsheid

Die Blacks wou meer ruimte gehad het – ’n tuiste waar al hul kinders en dié se vriende oor naweke kan kom kuier. En waar mense kan kom kuns kyk …

Oorleef Kersfees by die skoonfamilie

As jy trou, trou jy met jou huweliksmaat se familie ook. Ons kry raad by ’n paar kenners hoe om hierdie feestyd koel en kalm by familiekuiers te bly.

Stap na nuwe insigte toe

Die camino-staptogte oorsee word al hoe gewilder en jy kan ook ’n pelgrimstog in Suid-Afrika onderneem. Hoekom vind mense dié togte as genesend en vernuwend?

’n Diamant wat ander laat skyn

Wanneer jy aan die legendariese Jenna Clifford dink, dink jy aan blink juwele en edelstene, klassieke styl en statigheid. Sy is egter ’n 65-jarige internasionaal bekende sakevrou wat al met die ware én nagemaakte edelgesteentes van die lewe te doen gekry het.

Geestelik vs godsdienstig

Daar is baie mense wat hulself vandag as geestelik beskryf en wat van godsdiens en die kerk wegskram. Hoekom en wat beteken dit?

Lees ook: WEN velsorgprodukte van Lamelle se Nourish-reeks ter waarde van R 2025!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

17 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

18 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

21 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

22 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.