Net haarself
Mandi du Plooy-Baard het dalk haar veertigerjare geslaan, maar die aktrise bekend vir haar rol in Getroud met Rugby bly steeds onopgesmuk, eerlik en spontaan, terwyl sy haar kinders leer om in hulself te glo
Jou alles-in-een
Die verhouding tussen ma en dogter is ’n wonderlike, maar soms komplekse verhouding. Die wenners en naaswenners van ons ma-en-dogter-wedstryd kan hiervan getuig.
Ons loer in by: Lorraine Burger, Natasha van der Merwe en Craig Urbani
Sy is ’n introvert wat daarvan hou om meestal haar eie ding te doen. Haar werk as aktrise en teksskrywer is wel vir haar ’n wonderlike kreatiewe uitlaatklep en sy geniet dit om aan haar unieke karakter Annetjie in Binnelanders te slyp, vertel die aktrise Lorraine Burger.
Natasha van der Merwe het toe nooit ’n traumachirurg geword nie, maar die aktrise en sangeres wat vandag met ’n opwindende en bedrywige loopbaan spog, het geleer dat geen lewe perfek is nie
Craig Urbani het teatergangers betower as kaptein Von Trapp in die musiekspel The Sound of Music. Voor die einde van die jaar is hy professor Higgens in nog ’n klassieke treffer, My Fair Lady. Hy het nooit gedroom dat sulke liefdesverhale oor sy pad sou kom nie. Skuins ná 50 is daar harmonie in sy lewe. Hy kon uit woeste waters vaar
Opgetert
Dis so ’n maklike en veelsydige gereg om te maak. Met soveel kombinasies van bestanddele wat jy kan probeer, sal souttertjies en pasteitjies nie vinnig vervelig raak nie.
Tyd = sterker
Die woord ‘tradisie’ klink dalk outyds, maar kenners is dit eens: Om tyd saam in ’n verhouding deur te bring, is noodsaaklik. Skep saam nuwe tradisies en gewoontes om jul verhouding ’n hupstoot te gee.
Trotseer die koue
Met hierdie laag-op-laag uitrustings sal jy nie blou van die koue wees nie.
1 resep, drie variasies
Die volgende koekieresepte gebruik dieselfde basiese bestanddele, maar die smaak verskil.
’n Huis vir ’n kind
Talle kinderlose paartjies of eenlopendes in Suid-Afrika oorweeg dikwels aanneming, veral as hulle nie in vitro-bevrugting (IVF) kan bekostig of nie ’n surrogaatma wil kry nie. Maar wat behels die hele proses, hoe moeilik is dit deesdae om ’n kind aan te neem en is daar enige slaggate?
Jou gene en jou gesondheid
Is jy die slagoffer van jou gene – of kan jy oorgeërfde gesondheidsrisiko’s slim bestuur? Lees hoe gepaste leefstylkeuses en omgewingsaanpassings jou kan help om die uitdrukking van jou gene positief te beïnvloed.
Wen ’n wegbreek vir twee by Babohi Lodge in Qwabi-natuurreservaat
Een gelukkige leser kan twee aande se verblyf met etes, wildritte en sekere drankies vir twee wen. Dit alles ter waarde van R26 600!
Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die legendariese Laurika Rauch – oor haar nuwe musiek