10 redes waarom jy die April-uitgawe van rooi rose móét lees!
Sy het ʼn Safta-toekenning vir haar spel in Binnelanders ontvang, die sani2c vir die tweede keer voltooi en aan Afrikaans is Groot as agtergrondsanger deelgeneem. Dit is net ʼn paar loopbaan hoogtepunte van Marlee van der Merwe se jaar. Dit is egter haar gesin, hul bergfietsritte, en haar liefde vir musiek waar om haar wêreld eintlik draai.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Elke nou en dan is dit tyd om te kyk wat in jou grimeersakkie aangaan, en te bepaal wat om te hou, waarvan om van ontslae te raak en watter nuwe toevoegings die moeite werd is.
Nadat die aktrise Zetske van Pletzen se huwelik met die akteur Altus Theart twee jaar terug op die rotse geloop het, het sy allermins in sak en as gaan sit. Sy ontgin haar talente en gooi haar gewig 100% in alles wat sy aanpak.
Hoewel die blare al begin verkleur en val, is daar nog nie sulke koue grou dae wat vir bredies en soppe vra nie. Hou hoofmaaltye nog lig en heerlik met iets van als.
Dit voel asof jy ʼn hamster op ʼn wiel is. Jy belowe jouself jy gaan minder aanpak, minder jaag en minder op jou foon wees, maar dit is asof jy nie kan ontspan nie. Kenners meen dit kan dalk jou onopgeloste traumas wees wat veroorsaak dat jy onbewustelik besig wees bo rustig raak verkies.
Maak ’n dogtertjie se hart bly met so ’n gehekelde deken.
Lus vir iets soets, maar nie vir die gewone ou resepte nie? Probeer ’n bietjie hierdie interessante soetighede.
Dis nie moeilik om te verstaan waarom soveel mediamense bekommerd oor die bedryf is nie. Die bloedbad van die afgelope paar jaar het die poel net kleiner en kleiner gemaak. Is daar nog hoop vir die Afrikaanse media? vra Zerelda Esterhuizen.
René Naylor was 16 jaar lank die Springbokke se fisioterapeut. Sy’t 176 toetswedstryde en vier Wêreldbekertoernooie agter die rug. Twee keer het die goue medalje om die Bokke se ‘Speler 24’ se nek gehang. Nou het ’n nuwe seisoen vir haar aangebreek.
Tourettesindroom kan nie genees word nie. Watter insigte en strategieë kan dit makliker maak? ’n Ma praat openhartig oor hul gesin se reis met dié neuro-ontwikkelingsversteuring en die waardevolle lesse wat hulle geleer het.
Lees ook: Spesiale potgooi oor Niggies gaan al jou vrae beantwoord
Egskeiding is nie die einde van die wêreld nie. Jy hoef nie te krepeer nie…
Ken jou wegsleepregte deur: Anet Schoeman. Om langs die pad gestrand te wees weens…
’n Liplekker aandete - Griekse hoender-en-rys-gebak. Die dis kry broccoli en fetakaas in vir ekstra…
kykNET is trots om die terugkeer van die bekroonde akteur Chumani Pan na die kanaal…
Het jy geweet teen die ouderdom van drie is 85% van jou kleinding se brein…
Deur Margaret Gardiner Liefde is iets waarna ons soek. Vele goeie boeke, flieks en liedjies…
Hierdie webwerf gebruik koekies.