’n Ware Tuiskoms vir Anel Alexander
Dis lekker om terug te wees in Suid-Afrika, vertel die aktrise nadat sy en haar wederhelf, die akteur James Alexander, meer as vyf jaar in Los Angeles gewoon het. Daar was talle uitdagings, maar hulle het so baie in die proses geleer, en dit het hul uitkyk en fokus op die lewe verander.
Mooi – van kop tot toon
Ons glo welstand kom van binne af, maar hoe jy jouself versorg, maak ook saak. Ons deel meer oor watter produkte en gewoontes ’n verskil kan maak in hoe jy voel én lyk.
Wen ’n wynsafari met Waterford Estate
Een gelukkige leser kan ’n ‘Wine Drive Safari’ vir hom/haarself en sewe vriende ter waarde van R20 000 by dié prentjiemooi Stellenbosse wynplaas wen.
Soos sout en peper
Dit is geen gehem dat dat swart en wit nog altyd in die modewêreld koning kraai nie. Kry inspirasie in ons nuutste uitgawe.
Help, ek’s aan my selfoon verslaaf!
Ons almal het dit al gesien of was self die sondebok. Jy sit in ’n restaurant, maar in plaas daarvan om met die mense om jou te gesels, kyk julle konstant na jul selfone. Selfone oorheers ons lewe, maar is ons so verslaaf daaraan dat dit ons verhoudings en menswees benadeel?
Ons gesels met
Gerrie Pretorius, Bianca Le Grange en Rozanne McKenzie.
Middeljare: Krisis of keerpunt?
Mense in hul middeljare beleef dikwels dat dié fase van hul lewe met nuwe stressors en kommer gepaardgaan. Wêreldwyd word daar na dié tydperk in ’n mens se lewe as die midlewe- of middeljarekrisis verwys. Maar wat gebeur regtig in die middeljare van jou lewe?
Kuierkos vir Paasfees
As die Paasnaweek aanbreek, wil jy soveel as moontlik van hierdie kosbare langnaweek saam met jou gesin deurbring en so min as moontlik voor die kospotte staan. Hier is ’n paar vinnige geregte om saam te geniet!
Annelie Botes
skryf oor rooi skoene, ‘n rooi veer en bidkrale…
Waar vriendelikheid en vrede by die vensters wink
Name soos Truro, Mousehole, Boscastle, Bodmin, Looe, St Ives en Penzance flits by die venster verby as jy per trein deur Cornwall in Engeland reis. Aan die een kant is die diepblou see en ruwe kuslyn en aan die ander kant, lappies grond waar mense al vir duisende jare boer.
Lees ook: Soetpatat-tortillas