kategorieë: Ontspanning

10 redes hoekom jy vanaand ‘Die Brug’ moet kyk

kykNET se splinternuwe realiteitsreeks, Die Brug – ’n plaaslike weergawe van ’n opwindende internasionale trefferformaat – begin vanaand, 26 Oktober, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Nie een van die 12 spelers het ’n idee waarvoor hulle hulself ingelaat het nie, en kykers kry ’n eerstehandse blik op die ervarings van die verbaasde spelers wanneer hulle uitvind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hier is 10 redes hoekom jy nie Die Brug moet misloop nie:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  1. Die spelers! Twaalf uiteenlopende persoonlikhede tussen die ouderdomme van 24 tot 57 is vir die reeks gekies, en elkeen het ’n storie om te vertel en ’n persoonlike brug om oor te steek. Trek die snesies nader en maak gereed vir hartroerende oomblikke wanneer hierdie ware lewensdramas voor jou oë ontvou.

  1. Vertroue. Ja, die uitgangspunt van die reeks is dat die spelers ’n brug binne 20 dae bou met hul kaal hande. Maar die reeks handel eintlik oor vertroue. Gaan die spelers stewige verhoudings met mekaar bou, en gaan die keuse oor wie oor die brug stap gegrond word op vriendskap, of op wie hulle vertrou om die regte besluit te neem?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  1. Gemeenskap. Dis inspirerend om te sien hoe 12 vreemdelinge bymekaar kom om ’n mikro-gemeenskap te vorm, wat byna ’n onmoontlike taak as ’n span moet verrig.

  1. Kinkels en onverwagse wendings! Wat is ’n realiteitsreeks sonder epiese uitdagings om dinge omver te gooi? Die brug het talle hiervan om die spelers op hul tone te hou en kykers op die rand van hul stoele. Wanneer daardie fakkel die lug invaar, moet jy gereed sit vir drama, spanning en aksie.

  1. Leierskap. In die loodsepisode moet ’n leier gekies word. Maar hoe kies ’n groep vreemdelinge, wat mekaar pas ontmoet het, sommerso ’n leier? Met groot mag, kom groot verantwoordelikheid …

  1. Drama. Sit ’n groep vreemdelinge in ’n afgeleë gebied waar hulle net op mekaar aangewese is en wat kry jy vir seker? Konflik! Uiteenlopende persoonlikhede, werksetiek en radikaal verskillende opinies … Die bou van die brug is slegs ’n katalisator vir veel meer wat op kykers wag.

  1. Geld laat die wêreld draai. Hoe gaan die versoeking van R1 miljoen die spelers en hul morele kompas beïnvloed? Is hulle hier om net strategies vir eie gewin te speel of gaan die verhoudings wat hul tydens die reeks bou, ’n impak op hulle besluit maak?

  1. Trots Suid-Afrikaans. Die plaaslike weergawe van hierdie gewilde internasionale formaat word met trots na kykers gebring deur kykNET, wat ’n indrukwekkende belegging in die reeds gemaak het. Elke aspek van Die brug is noukeurig vervaardig om kykers ’n outentieke Suid-Afrikaanse gevoel te gee.

  1. Nog ’n karakter. Die pragtige Swellendam-omgewing rondom die Buffeljagsdam was ideaal om die program meer as net ’n realiteitsreeks te maak en aan kykers ’n visuele skouspel van roplprentgehalte te bied. Die ongerepte omgewing is ook ’n karakter in die reeks. Wanneer die weer lekker saamgespeel het, was dit ’n vriendelike karakter, maar ander kere was dit senutergend, broeiend, onheilspellend of vyandig.

  1. Spanning gaan oorloop. Wat meer het jy nodig?

Die reeks word uitgesaai op kykNET (DStv-kanaal 144) vanaf Donderdag 26 Oktober. Episodes sal ook op Catch Up en DStv Stream beskikbaar wees.

Lees ook: Só werk kykNET se nuwe avontuur-realiteitsreeks, ‘Die Brug’

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

15 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

1 day Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.