10 redes hoekom jy ons November-uitgawe moet koop saamgestel deur Catherine Schenck.
1. Antoinette Louw is op die voorblad
Antoinette Louw raak mense se harte aan en in haar mees onlangse rol as Sara in Die verhaal van Racheltjie de Beer doen sy dit wéér! Hierdie sterk vrou vertel ons oor haar sagte kant …
Kom kyk hoe ons die voorblad geskiet het! Klik hier
2. Gratis 2020-dagboekie in nege mooi modekleure
Kyk uit vir rooi rose se 2020-dagboekie wat jy saam met die November-uitgawe as geskenk kry. Kies een van ons lieflike handsakgrootte dagboekies in jou gunstelingkleur en organiseer jou jaar sommer al van vroeg af!
3. Margaret uit Hollywood: Renée Zellweger
Renée Zellweger weet hoe dit voel as jou voorkoms uitmekaargeskeur en afgekraak word. Sy gesels met ons oor hoe sy kritiek en roem hanteer sodat dit haar nie negatief beïnvloed nie en sy vertel ons oor haar nuutste rol as Judy Garland.
Kyk ook: Margaret deel ook ’n video-onderhoud met Renée Zellweger!
4. Reis Japan toe in jou eie kombuis
Vir die van ons wat nie gelukkig genoeg is om Japan toe te gaan vir die Rugby-Wêreldbeker nie, het Vickie de Beer vir ons die heerlikste Japannese resepte geskep dat ons darem nie droëbek hoef te sit terwyl ons die Bokke ondersteun nie!
5. Izak en Mericke stel ons voor aan hul klein wonderwerkie, Zia
Die akteur Izak Davel en sy vrou, Mericke, het lankal daarmee vrede gemaak dat hulle nie kinders sal hê nie, maar na 10 jaar maak klein Zia Mericke toe haar opwagting en verander hul lewe handomkeer …
6. Bou jou geurekas
Nes jy verskillende uitrustings vir verskillende geleenthede in jou klerekas het, het jy ook verskillende fyngeure nodig. Op dié manier raak jy nie uitgekuier met jou gunsteling nie, en jy oorweldig nie jou kollegas met té swaar geure nie.
Lees ook: Doen ons toets en vind uit wat jou parfuumpersoonlikheid is!
7. Marita van der Vyver vat ons grens toe
Die skrywer Marita van der Vyver se dertigste boek, Grensgeval, het pas verskyn, en sy gesels eksklusief met rooi rose, heelpad uit Frankryk!
8. Haidee Muller verruil haar kroon vir styl
’n Vrou se hare is haar kroon. So toe RSG-aanbieder Haidee Muller se hare permanent uitval, het sy gestroop gevoel. Haidee vertel ons oor haar pad met alopesie …
Lees ook: Lauren den Besten: “Ek is meer as net my hare”
9. Die mooiste somermodes
Maak jou gereed vir ’n somer van romantiese rompe en gestruktureerde baadjies … Ons modespan wys jou hoe.
10. Skep die knusste kuierplekke!
Ons woonkamers is die plek waar die gesin en vriende saamkuier en moet dié vertrek wees waar almal graag wil terugsit. Ons wys jou hoe om hierdie kuierplek op te knap vir die kuiertyd wat voorlê.
Lees ook: Maak jy een van hierdie 5 dekorflaters?
BONUS!
11. Rooiwarm man: Survivor se Rob Bentele
Ons dink hierdie foto sê alles …