kategorieë: Skoonheid

10 moet-hê items vir jou strandsak

1. Sonroom vir jou gesig

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Niks laer as 50 SBF nie. As jy nie van ’n taai of olierige gevoel op jou gesig hou nie, gebruik ’n sonroom spesiaal ontwerp vir jou vel. Dr Stefan Duve (dermatoloog), sê dit is belangrik om seker te maak jou sonroom word deeglik aangewend. Baie van ons vergeet van plekkies soos bo ons ore, in die hoeke van die neus en veral agter die nek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

– Heliocare Advanced SPF 50 Gel, (by uitgesoekte salonne)
– Clarins Sun Wrinkle Control Cream For Face SPF 50
– Bioderma Photoderm Max SPF 50 Sun Cream

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2. Sonroom vir jou lyf

Dr Duve beveel aan dat jy elke 2-3 uur sonroom aanwend om te voorkom dat jy nie brand nie. “Moenie vergeet van jou hande, nek en décolletage (die boonste gedeelte van jou bolyf), nie.” Dit is waar die meeste vroue se ouderdom en sonskade eerste wys, so onthou om nie hierdie plekke te vergeet wanneer jy weer sonroom aanwend nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Every Sun family SPF 50
– Bioderma Photoderm MAX SPF50+ Sun Milk

3. Hidrerende Sproei

Hierdie sproei voel verfrissend en koel op jou gesig. Gebruik op jou gesig en arms.

– Uriage Thermal Spa Water
– Sensai Hydrachange Mist
– Chanel Hydra Beauty Essence Mist

4. Lipsalf

Lipsalf met ’n SBF-faktor is ’n noodsaaklikheid in jou strandsak. Dr Duve noem dat baie mense vergeet om lipsalf of sonskerm aan hul lippe te wend, veral op die onderste lip omdat die son meestal van bo af skyn.

Lip ice Sun SPF 40
– SolRx Lip Ice SPF 50
– Piz Buin In Sun Lipstick with Aloe Vera SPF 20

5. Hoed

Probeer om altyd ’n hoed te dra. Kyk hoe oulik is hierdie sonhoed van Sunhats. Hierdie hoed beskerm jou vel teen 98% van gevaarlike sonstrale en bevat ’n 50+ UPF.

6. Sonbril

Dis ewe belangrik om jou oë teen die son te beskerm. Maak seker jy dra ’n sonbril met lense wat jou oë teen UVA- én UVB-strale beskerm. Boonop hou die sonbril nie net jou oë veilig nie, maar jy lyk ook koel!

7. Gesiglappies

Gesiglappies is ideaal vir jou strandsak. Hierdie handige lappies kan gebruik word om taai roomys-hande skoon te kry of selfs om jou gesig te vervris en oortollige olie te verwyder voordat jy weer jou SBF aanwend.

– Dermalogica Skin Purifying Wipes
– Essence my skin caring cleansing wipes
– Yardley Oatmeal Facial Cleansing Wipes

8. Sweetweerder

Ná ’n lang dag op die strand voel mens sweterig. Hou ’n sweetweerder in jou strandsak, jy weet nooit wanneer jy vinnig moet verfris nie.

– NIVEA Stress-Protect Roll-On
– Shield Women Clinical Protection Ultra Dry

9. Haarsorg

Die meeste van ons dames sukkel met ons hare, veral op die strand. Gebruik ’n seesout-sproei as jy in en uit die see rondbeweeg, op die strand of langs die swembad lê. Dit gee jou hare ’n pragtige tekstuur, natuurlike golwe en jou hare is meer hanteerbaar.

– Trevor Sorbie Styling Salt Texture Spray
– Organix Moroccan Sea Salt Spray
– Davines No 14 for Wizards Sea Salt Primer

10. Waterbottel

Ons moet daagliks tot 8 glase water drink en selfs meer as ons aktief is of langer tydperke in die son baljaar.
Wenk: vries ’n waterbottel die aand voordat jy strand toe gaan sodat jy heeldag lank ’n yskoue waterbottel by jou het.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

2 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

2 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

2 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.