kategorieë: InspirasieJou lewe

10 maniere om positief te bly

Bly só positief

Die kenners sê ons kry wat ons verwag. As jy rampe en ellende verwag, is dit wat jy gaan kry. Stel jou visier op ’n positiewe uitkoms in, want so dwing jy jou om na die positiewe op die uitkyk te wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Versterk dié bewustheid van die goeie deur soggens vir jou beeld in die spieël te sê: “Ek verwag dat iets goeds vandag met my gaan gebeur.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: Wees positief, leef langer

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Kry ’n ondersteuningsnetwerk

Identifiseer positiewe vriende, kenners en kollegas wat jou kan help om by jou doelwit uit te kom. Hulle sal jou motiveer as jy wankel maar ook jou suksesse saam met jou vier.

2 Wees bewus waaroor jy beheer het en vergeet die res

Die meeste van ons bestee eindelose energie aan kwellinge oor goed waaroor ons geen beheer het nie. Ons laat toe dat dit ons motivering steel en ons verlam.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3 Onthou die volgende …

Hoewel jy nie altyd beheer het oor wat met jou gebeur nie, het jy volle beheer oor hoe jy daarop reageer.

4 Vier jou mylpale

Soms raak ’n mens moedeloos wanneer jy momentum verloor. Die beste is om dan na jou beginpunt te kyk en trots te wees op hoe ver jy reeds gevorder het.

5 Breinspoel jouself tot jy positief vóél

As jy positiewe boeke lees en flieks kyk wat die gees versterk, sal jy ook makliker positief kan dink. Bly weg van droewige stories en tranetrekkers as jou wolkies donker lyk.

6 Leer eerder uit jou foute as om dit te herhaal

Ná ’n mislukking is dit een van die belangrikste dinge om perspektief te kry en die situasie soos ’n buitestander te beoordeel. Dink daaroor na en skryf die oorsake van jou krisis neer, of gesels met ander wat hul wysheid en insig met jou sal deel.

7 Bly weg van negatiewe mense Punt. Sela.

As vriende jou aftrek, of jou kop vol negatiewe dinge oor die ekonomie, politiek, verhoudings en jou beste span prop, verander die geselskap of moenie saampraat nie. Die beste teenmiddel? Kry vrinne wat die silwer randjie in die lewe soek en maklik lag. As jy een het wat jou gedurig bel om oor die lewe te murmureer, sny die gesprek kort.

8 Beplanning kan baie help

Eerstens visualiseer jy ’n positiewe uitkoms, en tweedens kan jy sien waar dinge kan skeefloop en jy kan daarvoor beplan. Navorsingsresultate toon ook dat mense meer positief is wanneer hulle op probleme bedag is.

9 Raak prakties

Kry vir jou ’n geskrewe stuk wysheid, goeie raad, of ’n inspirerende aanhaling en plak dit op jou yskas of spieël waar jy dit elke dag kan sien. Herhaal dit hardop in daardie oomblikke wanneer jy aan jouself begin twyfel.

Lees ook: Jy mág sê jy’s mooi

10 Doen iets gaafs vir iemand anders

Logika wil ons laat glo dat jy beter voel as ander vir jou iets doen, maar navorsing toon dat die gewer die een is wat meer waarde uit die gee kry as die ontvanger!

Lees ook: 10 wenke wat jou kan help om NOU te leef

Kortlys vir positiewe denke

• Gebruik positiewe woorde, soos “Ek kan.”
• Verwerp negatiewe emosies en gedagtes – al is dit net vir ’n paar uur per dag.
• Glo dat jy dinge kan vermag.
• Erken negatiewe situasies en kry maniere waarop jy dit kan hanteer.
• Vergewe jouself.
• Herinner jou daaraan dat dinge erger kon wees.
• Omring jou met die positiewe. Dit geld ook kleure, prente, blomme en mense. Dit het gebeur, kyk nou vorentoe.
• Klop jouself op die skouer en vier jou goeie hoedanighede.

Lees ook: Die pad na selfhernuwing

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Wilhelm van der Walt oor sy rol in Skemergrond: ‘Ek is baie ambisieus en gedrewe soos hy’

Wilhelm van der Walt, wat die rol van Dirk Maritz in Skemergrond vertolk, het omtrent amok kom…

8 hours Gelede

Die verleidelikste sjokolade-en-amandel-vlegsel

Genoeg vir 1 vlegsel   Bestanddele   25 g vars gis of 10 g kitsgis…

9 hours Gelede

‘Op skou’: Dié nuwe werklikheidsreeks gaan jou by tye verwonderd, verstom en verbaas laat

kykNET het die vermoë om telkemale met ’n unieke dokumentêre realiteits-TV-reeks vorendag te kom wat…

10 hours Gelede

Kry jou vel gereed vir herfs

Wanneer dit kouer word, verander ons vel se behoeftes, veral ten opsigte van die vog…

12 hours Gelede

Allerlekkerste ‘sout’ Paasbolletjies

As jy eers hierdie Paasbolletjies geproe het, sal jy nooit weer gewone bolletjies koop nie.…

3 days Gelede

JY KAN konfyt kook

Ons wys jou hoe om in 3 maklike stappe rabarber, een van die lekkertes van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.