kategorieë: InspirasieJou lewe

10 maniere om jou vriendin tydens inperking op te vrolik

10 maniere om jou vriendin tydens inperking op te vrolik deur Mariette Snyman. Foto’s Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit lyk of dit nog ’n rukkie gaan wees voor ons ons vriendinne (of suster, ma of dogter) weer sien. Intussen kan ons mekaar tóg met liefdesgebare aanraak:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Dit gee my plesier

Neem ’n foto van ’n gewaardeerde geskenk wat jou vriendin vir jou gegee het; ’n ornament in jou woonkamer, ’n boek op jou bedkassie, of die krale om jou nek. WhatsApp dit vir haar en sê hoe baie dit jou aan haar laat dink.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Hoe om kalm te bly tydens die inperking en coronavirus-pandemie

10 maniere om jou vriendin tydens inperking op te vrolik

2. Wens ons kon saam proe!

Maak een van haar resepte of ’n gereg of ’n drankie met ’n spesiale plek in julle gemeenskaplike geskiedenis. Stuur ’n foto van die eindresultaat, en sê dat jy nie kan help om na haar te verlang nie.

Lees ook: Raad om vrese en frustrasies tydens die inperking te verminder

3. Groot pret

WhatsApp vir haar ’n foto van julle twee in ’n vrolike oomblik en sê: “Onthou jy nog?”

Lees ook: Raadop met jou kinders tydens die inperking? Hier is hulp

10 maniere om jou vriendin tydens inperking op te vrolik

4. Jy is stunning

Stuur vir haar vyf redes hoekom jy haar waardeer. Dit kan eienskappe wees wat jy in haar raaksien, of dinge wat sy vir jou (of ander) doen of beteken. Jy kan ook ’n kamma-getuigskrif of ’n kort “CV” van haar en haar voortreflikhede opstel. Dit hoef nie swaar en ernstig te wees nie – gee jou verbeelding vrye teuels!

Lees ook: Hoe om die inperking as tyd vir heling en groei te sien

5. Diere jok nooit …

Rig ’n lawwe boodskap aan haar geliefde troeteldier wat haar sal laat lag. Vertel sommer hoe mooi die troeteldier haar moet oppas – of deur haar bederf moet word!

Lees ook: Hoe om konflik te hanteer tydens die inperking

10 maniere om jou vriendin tydens inperking op te vrolik

As jou vriendin sê sy voel angstig:

6. Slaap soet(er)

Indien sy oop sou wees daarvoor, laat weet haar van die gratis meditasie- en musiek-app Insight Timer (jy kan dit eers self uittoets!)

Voorbeelde van meditasiemusiek wat jou beter laat slaap, of bedags rustiger stem, is Chris Collins se “binaural” meditasiemusiek. Vind dit so:

  • Laai die gratis Insight Timer-app af op jou Google Play Store of waar jy apps aflaai, installeer dit en teken in.
  • Op die tuisblad klik jy op die Meditation-ikoon (die prentjie van oorfone) links onder.
  • Tik “binaural collins” in die soekstafie.
  • Klik op Binaural Beats onder Topics
  • ’n Goeie wegspringplek is Blissful Healing and Sleep with Binaural Beats – rol net af, dis aan die regterkant met ’n groen prentjie.

Lees ook: Die beste raad om jou skuld tydens die inperking baas te raak

7. Rustig binne minute (kan jy glo?)

’n Verrassend doeltreffende manier om angstigheid hok te slaan is om die gratis Tapping Solution-app af te laai en van die tapping-meditasies te doen. Tapping is maklik!

  • Laai die app af.
  • Kyk na die tapping-demonstrasie by Tapping Basics.
  • Kies een van die meditasies wat “Free” gemerk is, soos Turn your day around: create a great day of Releasing anxiety. Daar is ook ’n hele reeks tapping-meditasies wat op die Corona-virus betrekking het.

Lees ook: 5 wenke om jou beroep te bevorder tydens die inperking

As jou vriendin hartseer of depressief voel:

8. Van hart tot hart

Reël ’n telefoon- of WhatsApp-geselsie waar julle albei privaat sal wees en julle harte kan uitstort.

Lees ook: Kan die inperking ons traumatiseer? ’n Kenner gee raad

9. Waarvan sal jy hou?

As jou vriendin alleen woon en julle werklik na aan mekaar is, kan jy vra waaraan sy ’n behoefte het. Sal dit byvoorbeeld vir haar lekker wees as jy soggens vir haar “goeiemôre” en saans vir haar “lekker slaap” sê?

Lees ook: Voel jy eensaam tydens die inperking? Hier is wenke om dit te verlig

10. Ek gee regtig om

As jy oor jou vriendin se geestelike welsyn bekommer en dit reg voel om dit te doen, kan jy noem dat sielkundiges tydens inperking virtuele terapiesessies aanbied. Onthou ook van SADAG (The South African Depression and Anxiety Group) se gratis hulplyne – jy of jou vriendin kan hulle bel by 011 234 4837. Meer besonderhede oor die verskeidenheid hulplyne by http://www.sadag.org/

Dalk is dit nie meer lank nie!

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

16 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

17 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

20 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

21 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.