kategorieë: Leef gesondGesondheid

10 maniere om jou kontaklense gesond te hou

10 maniere om jou kontaklense gesond te hou deur Salomé Delport.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Slim met kontaklense

Dit is net menslik om jou dure kontaklense te probeer “rek”. Daardie maandelikse lens probeer jy ses weke maak werk. ’n Daaglikse lens kan dalk ’n tweede dag gedra word. Wie het dit nog nie probeer nie?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maar, sê Meriek van den Berg, optometris by Mellins i-Style, jy speel met jou oë. “Jy waag ’n ongelooflike kans wat vroeër of later gaan skeefloop en permanente skade kan aanrig. Ou lense raak maklik besmet, en besmette lense is gevaarlik.”

“Gooi ou lense weg. Punt.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Pas jou lense regtig goed op. Swak sig en/of blindheid maak ’n mens baie afhanklik. Hoe beter jy jou lense oppas hoe beter pas jy ook jou oë op.”

Hier is 10 maniere om jou kontaklense gesond te hou

1. Dra hulle minder ure

Hoe minder jy jou lense dra, hoe minder verweer hulle. Haal hulle uit sodra jy tuis kom.

2. Rus jou lense een dag per week

Die lensmiddels kondisioneer jou lense. Los hulle een keer per week vir ’n volle 24 uur in lensmiddel. Dit is ook goed vir jou oë.

Lees ook: 4 redes hoekom dit belangrik is om rugoefeninge te doen

3. Rooi oë en lense werk nie

Moenie lense dra as jou oë rooi of jeukerig is nie – maak nie saak of dit veroorsaak word deur allergie, infeksie of verkoue nie. Jou lense hou beter as jou oë vogtig en gesond is.

4. Gebruik oogdruppels

As jou oë dikwels droog is, gebruik spesiale oogdruppels wat saam met lense gebruik kan word. Dit hou die lense vogtig.

5. Werk fanaties higiënies

Organismes wat op jou kontaklens groei, beskadig nie net die lens en maak dit onbruikbaar dof nie: hulle kan jou oog infekteer en jou blind maak. Anders as brildraers gaan jy letterlik binne-in jou oog vroetel. Jou oog se natuurlike reiniging is nie ontwerp hiervoor nie.

Wees fanaties oor hande was voor jy met jou lense werk.

Hou jou lensmiddelbottel toe, en spoel jou lensbakkies gereeld daarmee skoon.

6. Gooi ou lensspoeler dadelik weg

Dit is nou een plek waar spaarsamigheid nie ’n deug is nie. Organismes kan in gebruikte lensspoel oorleef én aanteel, en so lei tot kontaminasie van jou lense.

Gooi die gebruikte lensvloeistof onmiddellik weg nadat jy jou lense in jou oë gesit het.

Laat jou lensbakkies droog word.

Dit help keer dat organismes daarin oorleef en jou kontaklense besmet. So help keer jy dat organismes in jou lensbakkies oorleef.

7. Gebruik élke keer vars lensspoeler

Dit klink na ’n herhaling van die vorige punt maar dit is bedoel om te wys hoe belangrik higiëne is: was en stoor jou kontaklense elke aand in vars lensspoelmiddel. Dit verminder die kanse op kontaminasie van jou lense.

8. Gebruik egte lensspoeler

Goedkoop alternatiewe soos kraanwater, tuisgemaakte soutwater en spoeg – sowaar party mense se noodplan – is nie steriel nie. Kieme hierin gaan op jou kontaklense en daarvandaan in jou oë beland.

9. Vryf jou lense skoon

Lense raak dof omdat proteïen uit jou natuurlike trane daarop neerslaan. Gooi ’n bietjie lensspoelmiddel op die lens en vryf dit skoon. Maar kontaklense is baie delikaat. Vryf baie, baie liggies. Een keer per week is genoeg.

10 Wissel lensspoelers af

Dit word nie noodwendig deur almal aanbeveel nie maar dit maak sin: Daar is twee hoofsoorte lens-spoelmiddels: Die veeldoelige (multi-purpose) soort ontsmet en “kondisioneer” jou lense. Die soort met peroksied ontsmet jou lense doeltreffender. Gebruik dit so een keer per week om jou lense regtig goed te steriliseer.

Rek jou rand

Die beter manier van spaar op jou kontaklense is om net een te dra. Baie mense kom uitstekend oor die weg met net ’n kontaklens in een oog. As jy byvoorbeeld versiende is, dra jy net een lens wat jou nabysig verbeter. Jou brein leer dit gou hanteer. Toets dit gerus maar as jy ná ’n paar dae steeds nie diepte kan skat nie is dit nie vir jou nie.

Hooffoto: Nataliya Vaitkevich vir Pexels

Lees nou: Wat jy moet weet oor ystertekort

Hooffoto: Nataliya Vaitkevich vir Pexels

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.