Die Engelse spreekwoord, “Out with the old in with the new” kan nie meer relevant wees as dit kom by jou huis nie. Huise is ’n weerspieëling van die mense wat daarin bly. As een deel verwaarloos en deurmekaar is, trek dit negatiewe energie. Skep positiewe energie met Feng Shui deur die volgende wenke te volg. Deur Elandre Swart. Hooffoto Pixabay
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Moenie hierdie stap mis nie. Goeie energie is noodsaaklik vir ’n harmoniese huis. Raak ontslae van alles wat jy nie in jou huis liefhet nie. Om skoon te maak en uit te gooi is ’n energieverbruikende proses wat soos terapie sal voel en dit sal jou help om die lading te verlig.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Hierdie twee elemente is noodsaaklik vir goeie Feng Shui-energie (ook bekend as Chi). Maak jou vensters gereeld oop en laat soveel moontlik natuurlike lig in. Plaas plante wat die lug reinig soos die African violet en ’n varing in jou huis.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Lees ook: Wenke vir binnenshuise plante
Voordeur
Die voordeur moet in perfekte kondisie wees want dit verteenwoording rykdom. Om goeie energie in te nooi, plaas ’n pragtige plant by die deur en verlig elke kant van die deur.
Die gang
Die gang verteenwoordig geleenthede. Hou die area klottervry deur jou baadjies en sakke óf in ’n kas te sit, óf mooi en netjies op te hang. Verwyder enige onnodige goed wat rondlê. Nooi goeie energie in met ’n mooi spieël of blomme. Blomme is ’n goeie manier om enige area onmiddellik op te hef.
Kombuis
Jou kombuis is ’n belangrike ruimte aangesien die energie daarvan die voeding- en verhoudingsharmonie vir die inwoners verteenwoordig. Maak seker jy plaas nie die wasbak en stoof teenoor mekaar nie. In Feng shui verteenwoording die wasbak water en die stoof vuur en hierdie twee elemente kan ’n botsing en argumente tussen paartjies veroorsaak.
Die kleure in die kombuis is ook belangrik. Vermy te veel swart en rooi, aangesien dit ook ’n botsing tussen vuur en water veroorsaak. Die posisie van die oond is belangrik vir die voeding van die inwoners. Vermy areas soos onder ’n venster.
Sitkamer
Maak seker die meubels is in verhouding met die ruimte van die vertrek. Moenie enige deure met meubels blokkeer nie en plaas die hoofbank teen ’n muur om die inwoner ondersteuning te gee. Om rykdom te aktiveer, plaas energie in ’n hoeklamp oorkant die vertrek se deur.
Eetkamer
Die eetkamer (en -tafel) is ’n belangrike oorweging in Feng Shui aangesien dit ’n ruimte bied waar jy konsentreer waarop jy eet. Om die energie in hierdie ruimte te optimaliseer, plaas ’n spieël teen die muur om die tafel te weerspieël en sit blomme op die tafel.
Slaapkamer
Om ’n rustige slaap aan te moedig, moet die slaapkamer ’n neutrale kleur wees en die beddens moet ’n kopstuk hê teen ’n soliede muur. Ideaal gesproke moet die bed nie in lyn wees met die slaapkamerdeur nie. Plaas bedkassies aan weerskante van die bed om ondersteuning te bied. Plaas lig gegeurde kerse op die bedkassies om romantiese energie in te bring.
Badkamer
Die badkamer moet altyd skoon gehou word met die deur gesluit en toiletdeksel af. Dit is die gebied waar rykdom gedreineer kan word. Plaas plante in dié vertrek.
Die voortuin verteenwoordig jou toekoms en sorg dat dit altyd mooi bly. Plant pragtige blomme en plante en hou dit altyd netjies. Die agtertuin verteenwoordig beide gesondheid en rykdom vir die inwoners, sodat dit altyd in ’n goeie toestand gehou word. Die grense, heinings en mure moet altyd goed onderhou word om die inwoners te ondersteun.
Lees ook: Johannesburg HOMEMAKERS Fair vanaf 24 tot 26 Maart by Kyalami – WEN dubbelkaartjies!
Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Verskaf Om ma en dogter op papier te wees is…
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Deur Mariette Snyman “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Foto's: Instagram/Bernice West Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…
Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.