kategorieë: TuinmaakLeefstyl

10 maklike kruie vir die kombuis wat jy moet kweek

10 maklike kruie vir die kombuis wat jy moet kweek deur Liesl van der Walt. Foto’s: Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Goed gekrui!

Maak jou tuin nuttig en organies met kruie wat ook kleur en geur gee. Saai en plant hulle in potte, in ‘n formele kruietuin of in ‘n blombedding naby die kombuis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

10 maklike kruie vir die kombuis

1. Soet basiliekruid

Plant die sagte jaarplant in die lente.

Dit groei goed in die son, maar hou van halfskadu in die midsomer.

Maak gereeld nat.

Pluk die jong blare soos jy dit nodig het.

Knip die groeipunte en blomme af om die plant jeugdig te hou.

2. Grasuie

Die klein bolletjie is familie van uie en knoffel. Sny die blaartjies af, maar los 3 cm vanaf die grond vir nuwe groei. Pluk die eetbare, pienk blommetjies wanneer hulle oopmaak.

3. Platblaarpietersielie

Die tweejarige plant hou van ryk, klam grond en baie son.

Pluk die blare met stingels en al.

Die platblaar-variëteit het meer smaak.

4. Kruisement

Die vinnig groeiende kruid hou van klam, ryk grond in die vol son of halfskadu.

Plant ‘n paar soorte met verskillende smake.

Hoe meer jy pluk en snoei, hoe beter sal dit groei.

5. Roosmaryn

Die geharde struik gedy in byna enige grond, met min water en minimum aandag.

Pluk deur die jaar takkies van die staatmaker en stroop die blare af.

Knip vars blommetjies vir slaai.

6. Lourier

Een boom is genoeg en ‘n moet vir elke kombuis. In ‘n pot kan die groot, immergroen boom netjies gesnoei en kompak gehou word.

Beskerm jong bome teen ryp en wind.

7. Salie

Die salie hou van baie son, goed gedreineerde, arm grond en min water op sy blare.

Pluk deur die jaar blare van die stadig groeiende grondbedekker.

8. Tiemie

Van die verskeidenheid beskikbaar, word Thymus vulgaris die meeste gebruik.

Die geur is die sterkste in midsomer.

Pluk liggies in die winter wanneer die plant nie aktief groei nie.

9. Sitroengras

Die tropiese graspol groei in die meeste grondsoorte en het min water nodig.

Sny dit gereeld om dit weliger te laat groei.

10. Orego

Die grondbedekker vorm ‘n digte mat in die vol son en het nie baie water nodig nie.

Knip die punte van die jong, nuwe takkies vir gebruik.

Lees ook: Begin jou eie groentetuin

#rrWenke vir jou tuin

Hier is ’n paar dinge om te onthou wanneer jy jou kruietuin beplan.

Gee jou kruie son

Die meeste kruie is sonliefhebbers.

Dreinering

Potte en plantbeddings moet goed dreineer, kruie wil nie in water staan nie.

Grond

Spit om en verryk met kompos. Beskerm die grond met ‘n komposdeklaag.

Water

Water volgens die verskillende kruie se behoeftes.

Voer

Voer potte en plante wat jy gereeld oes met organiese bemesting.

Snoei

Snoei gereeld om kruie kompak te hou en nuwe groei te stimuleer.

Loer hier vir nog goeie idees

Lees ook: Skep ’n voëlvriendelike tuin

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.