kategorieë: Blogs

10 leefstylwenke vir ’n maerder lyfie

KLEIN BEGIN MAAK ’N GROOT VERSKIL

1. Begin deur een middagete en een aandete ’n week te omskep in ’n gesonde maaltyd byvoorbeeld ’n hoender en pynappel slaai toegedraai in ’n volgraan wrap of vis en gestoomde groente. Jy sal vinnig begin lus raak vir meer sulke gesonde etes en wonder hoekom jy dit nie al lankal gedoen het nie.
2. Drink een (net een!) ekstra glas water ’n dag om stadig in die gewoonte te kom en meng dit met suurlemoensap of ’n stukkie mint vir ekstra geur. Water laat jou ook versadig voel en help met selluliet. Punt.
3. Eet net die HELFTE van die sjokoladestafie of koek waarvoor jy lus is. Nie net gaan jou lyf jou uithouvermoë waardeer nie, maar glo my, dis ’n confidence boost om te weet JY KAN NEE SÊ en jy tog steeds die helfte van die lekkernye inkry. Wen-wen!
4. Sny koolhidrate in die aande uit en vervang met groente en slaai. Jy kan nie kla nie, want jy kan steeds smiddae jou broodjie, rys en gebakte aartappel eet.
5. Een van die maklikste maniere om gewig te verloor is om volroom produkte met laevet en vetvrye produkte te vervang soos melk, jogurt, grondboontjiebotter en kaas.
6. Vervang jou suikerpot met aspertame-vrye versoeters. Dink net hoe skuldvry kan jy nou jou koffie geniet!
7. Mense trek hul neuse op vir die een, maar dit werk: klim trappe in plaas van die hysbak! So verbrand jy daardie kolwyntjie wat jy skelm geeët het of gistraand se glasie wyn of twee.
8. Oefen jou kuite terwyl jy tande borsel deur op en af op jou tone te staan.
9. Kry ’n aktiwiteit waarvan jy hou soos dans, pilates, boks, gym of stap en probeer om ten minste twee keer per week dit te doen. Nooi ’n vriendin of manlief vir ondersteuning.
10. Die belangrikste van alles: die enigste persoon wat beheer het oor jou liggaam is JY! Glo my, dis nie ’n maklike proses nie, maar probeer net. Jy weet nooit of jy diè een is wat hierdie Desember koppe gaan laat draai in ’n rooi bikini nie!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

#eetmooilykmooi

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Tot volgende keer, A.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.