kategorieë: GebakKos

10 koeke wat jy nou moet bak

1. Marmerkoek

Foto deur Lee Malan

Die marmer-voorkoms is hoogmode en hoe meer goed na marmer lyk, hoe beter! Ons gee vir jou die beste marmerkoekresep. Probeer ligter kleure vir ’n pastelvoorkoms en jelkleursel vir helderder kleure.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

2. Swartfluweelkoek

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Swart is nie net ’n modegier vanjaar nie, maar dis ook baie gewild om pikswart kos te maak. Hier het ons ’n gunstelingresep, fluweelkoek, gemaak – maar met ’n donker kinkel. Loer hier na die resep vir swartfluweelkoek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

3. Suurlemoen-meringue-koek

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Om ’n meringueversiering op ’n koek te hê is baie gewild op die oomblik. Probeer ons suurlemoen-meringue-koek en beïndruk selfs die mees geharde roomkaasversierselondersteuners.

4. Donkersjokolade-olyfoliekoek

Hierdie koek kan in een woord opgesom word: dekadent. Dis heerlik klam en boonop maklik om te maak.

6. Geroosterde knoffelkaaskoek

Foto deur CRPhotographic

As jy nie juis ’n soettand is nie (ons het al gehoor daar is regtig sulke mense :-)), is hierdie geroosterde knoffelkaaskoek vir jou.

7. Reënboogkoek

Dis amper lente, so vier dit met hierdie baldadige reënboogkoek. Probeer dit selfs met verskillende skakerings van een kleur vir ’n ombré-voorkoms.

8. Glutenvrye sjokoladekoek

Net omdat jy gluten-onverdraagsaam is, beteken dit nie jy kan nie koek eet nie. Hierdie glutenvrye sjokoladekoek is maklik om te maak, en is ’n staatmaker vir enigeen wat glutenvry wil bak.

9. Beet-sjokolade-en-koffiekoek

Wees braaf en eksperimenteer ’n bietjie met geure. Probeer hierdie verleidelike beet-sjokolade-en-koffiekoek en sit dit voor saam met vuurwarm koffie.

10. Vye-en-roosmarynkoek

Hierdie fantastiese vye-en-roosmarynkoek kan jy gerus maak – al klink dit effe buitengewoon!

Het jy geweet?

Ons resepteboek, rooi rose Kuierkos, is geskryf deur ons kosredakteur Vickie de Beer. Dit bevat heerlike (koek)resepte en is hier beskikbaar

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.