10 hekel- en breipatrone wat jy nou moet probeer saamgestel deur Catherine Schenck
10 hekel- en breipatrone wat jy nou moet probeer
Ons land is nou op “lockdown” wat beteken dat ons verkieslik tuis moet bly. Dis ’n goeie tyd om daardie brei- of hekelprojekte aan te pak. Hier is 10 oulike idees uit ons argiewe.
Lees ook: 13 dinge wat jy nou kan doen tydens sosiale afsondering
1. Leer hoe om te brei en te hekel
As jy nog nie kan nie, is dit nou die beste tyd om te leer!
Gebruik ons oulike gidse uit ons argiewe om te leer hekel en brei.
#rrWenk: Indien jy vashaak, het ons gevind dat YouTube die beste plek is om stap-vir-stap aanwysings te leer hoe om byna enige tegniek te bemeester!
Brei
Verstaan breipatrone beter – klik hier
Leer brei deel 1 – klik hier
Leer brei deel 2 – klik hier
Leer brei deel 3 – klik hier
Hekel
Leer basiese hekeltegnieke – klik hier
Nog basiese hekeltegnieke – klik hier
2. Brei ’n bonkige kombers
Hierdie kombers is maklik om te brei – selfs beginners kan dit probeer? Dit gebruik lekker dik wol en eenvoudige steke.
3. Brei matroostruie vir die kinders
Hierdie matroostruie is te oulik! Brei dit vir die kinders.
4. Hekel ’n somertruitjie
Maak hierdie koel katoentruitjie vir die laaste bietjie sonskyn – en vir die sonskyndae wat op ons wag later vanjaar
5. Hekel ’n kniekombers
Hekel die mooiste, knobbelrige kniekombers.
6. Brei ’n blomtruitjie
Brei die fraaiste blomtruitjie vir ’n dogtertjie. Kyk net hoe oulik!
7. Hekel ’n tjalie
Kyk net hoe mooi is hierdie tjalie! Dit sal lekker werk vir die kouer weer wat voorlê.
8. Hekel ’n blokkieskombers
Hierdie is ook ’n lekker piekniekkombers
9. Maak inkopiesakke
Maak self inkopiesakke. Jy kan dit later vanjaar, of selfs oor Kersfees, as geskenke gee. Dis baie meer volhoubaar as plastiek!
10. Blaai deur ons breiboekies
Soek nog lekker patrone in ons breiboekies!
Nog inspirasie
😉
Het jy gesien?
Ons sustertydskrif, Vrouekeur, het die lekkerste brei- en hekelpatrone! Klik hier om te sien watter patrone jy kan aflaai.
En terwyl jy lekke brei of hekel …
… moet jy na ons gratis voorlesings luister!
Ons het drie om van te kies:
Botoks, Barbies en Bietse – klik op die pienk speelknoppie om te luister
Dans met die rooi rok – klik op die pienk speelknoppie om te luister
Lam in Wolfsklere – klik op die pienk speelknoppie om te luister