Adam Goldberg is ’n fynproewer met ’n passie vir kos en hy hou daarvan om sy kulinêre ervarings met ander te deel.
Kosstileerder en fotograaf. Twee meisies wat saam die blog, Spoon Fork Bacon, geskep het. Hulle deel oorspronklike resepte met die mooiste foto’s.
Bekende sjef met sy eie veelsydige kosprogramme en skrywer van ’n aantal topverkoper-kookboeke, Jamie Oliver, is een fynproewer wie se foto’s jy moet volg.
Sarah B is ’n blogger wat haar liefde vir natuurlike kos deel. Sy is ’n vegetariër en deel haar resepte en idees rondom dit.
Die meeste van ons is vertroud met Martha Stewart se verruklike resepte. Haar Instagram-foto’s is net so mooi!
Julie Lee is ’n reisiger wat al 20 lande besoek het! Sy deel haar kos-collages en erken sy speel met haar kos. Ons is gaande oor haar foto’s.
Stephanie Le se blog, I am a Food Blog, is vanjaar aangewys as Saveur Magazine se gunsteling kookblog asook blog van die jaar.
Alice Gao is ’n fotograaf van New York wat die mooiste kosfoto’s neem. Ons hou ook van haar blog, Lingered upon.
Karen Mordechai bly in Brooklyn. Sy is ’n fotograaf, fynproewer en (soos sy haarself beskryf) “Creator of Sunday Suppers.”
Ons hou veral van die naam! Emma Galloway is ’n voormalige sjef wat resepte uit haar kombuis deel.