10 eienskappe waaroor alle entrepreneurs moet beskik deur Anne Marais
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Wanneer werkloosheidsvlakke styg en geleenthede al minder word, is entrepreneurskap ’n moontlike uitkoms.
Shobhit Seth, internasionale finansiële skrywer op Investopedia, sê ’n suksesvolle entrepreneur moet oor die volgende tien eienskappe beskik:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Is daar iets waaroor jy passievol is en wat jy herhaaldelik kan doen sonder om verveeld te raak, iets wat jy vir die res van jou lewe wil doen?
Dit is dalk die “iets” wat jy kan gebruik om geld te maak. Passie is die dryfkrag agter sukses en van baie suksesvolle ondernemings.
Lees ook: 10 dinge wat elke goeie bestuurder weet
Suksesvolle entrepreneurs is nie bang om te waag nie en het ’n plan B vir wanneer dinge skeefloop.
Suksesvolle mense besit die vermoë om hardnekkig vas te byt en in hulself en hul produk te glo.
Jy moet die mark kan lees, oop wees vir voorstelle, aanpasbaar wees en kliënte kan akkommodeer.
Suksesvolle entrepreneurs ken hul produk en mark, asook hul kompetisie en eksterne bedreigings.
Jy moet finansieel kan beplan. Wanneer jy ’n onderneming begin, is kapitaal dikwels beperk en jy moet voorsiening maak vir kontantvloei en toekomstige verpligtinge.
Lees ook: Kweek so respek
Jy moet kan beplan en gereed wees vir onvoorsiene gebeure. Wees oop vir alternatiewe en oorgehaal om oplossings vir probleme te soek.
Suksesvolle entrepreneurs besit die vermoë om hul netwerk van kontakte uit te bou en kry mentors by wie hulle kan leer.
Lees ook: Netwerk-raad vir introverte
Jy moet kan tou opgooi as iets nie werk nie en die moed hê om iets anders te takel. Talle bekende entrepreneurs was nie die eerste keer suksesvol nie en moes weer probeer.
Suksesvolle entrepreneurs wonder in ’n mate of hulle het wat dit verg om suksesvol te wees maar hulle is bereid om hul instink te vertrou en ’n kans te waag.
Lees ook: Hoe jou selfbeeld jou geluk beïnvloed
Bron: www.investopedia.com
Griep en oefen is nie maats nie. Sommige griepvirusse kan selfs jou hartspier aantas en…
Egskeiding is nie die einde van die wêreld nie. Jy hoef nie te krepeer nie…
Ken jou wegsleepregte deur: Anet Schoeman. Om langs die pad gestrand te wees weens…
’n Liplekker aandete - Griekse hoender-en-rys-gebak. Die dis kry broccoli en fetakaas in vir ekstra…
kykNET is trots om die terugkeer van die bekroonde akteur Chumani Pan na die kanaal…
Het jy geweet teen die ouderdom van drie is 85% van jou kleinding se brein…
Hierdie webwerf gebruik koekies.