10 dinge wat jy nooit vir jou tiener moet sê nie deur Anys Rossouw
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Geduld en wysheid, en baie daarvan. Dís wat ouers nodig het om tieners wat in hul storm-en-drang-jare is te hanteer. Die tydperk kan ’n avontuur of ’n nagmerrie wees.
Die tienerjare stel soveel eise aan kinders. Hul lewe, liggame en verhoudings verander ingrypend. Hul skoolwerk word uitdagend en meer, vriendskappe word moeiliker, ouers verwag meer verantwoordelikheid, daar is druk van afrigters en vriende. Hulle moet groepsdruk, sosiale media en tegnologie bestuur in ’n omgewing waar ander nie noodwendig hul waardes deel nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Wanneer kinders foute maak of emosioneel sukkel, wil ouers hulle so graag reghelp en perspektief gee. Maar wat ouers in sulke situasies sê, werk soms glad nie omdat die kind, en dikwels ook die ouer, emosioneel ontsteld is.
Lees ook: Voel jou tiener eensaam?
Emosionele prosessering is ’n regterbrein-aktiwiteit en funksie. Solank daar ’n regterbreinstorm woed, is mense selde in staat om op daardie oomblik rasionele linkerbrein-oplossings en perspek-tief te kry, te verwerk en toe te pas. Dikwels vererger ouers se goed bedoelde opmerkings net die emosionele storm. Daarom werk raas en kritiek in sulke situasies selde.
Wanneer jy met iemand raas of hom kritiseer, veroorsaak dit juis ’n emosionele storm, want dit fokus meestal op die mens en nie op die probleem nie. As iemand raas kry, is daar gewoonlik emosie by betrokke. Dit gaan dikwels oor meer as die woorde wat gesê word: 93% van alle kommunikasie is nie-verbaal – dinge soos ’n hoër en harder stemtoon, afkeurende gesigsuitdrukkings of ander negatiewe lyftaal soos oë wat gerol word.
Lees ook: Verstaan jou tiener se streke
Die reaksie daarop is dikwels ontsteltenis, teleurstelling, frustrasie, hartseer of woede en gedagtes soos: Sy verstaan nie. Sy luister nie. Dis onregverdig. Ek is nie goed genoeg nie. Of vrees vir die skade aan die verhouding: Pa gee nie om nie, hy is nie lief vir my nie! Of vrees vir die gevolge: Ma gaan my hok, my selfoon wegvat. Kinders reageer dan deur te verdedig, hul optrede te regverdig of met woede. Byna geen mens of kind wat raas kry se eerste gedagte is dat Ma reg is en ’n punt beet het nie. As kinders dadelik doen wat gesê of verwag word, is dit eerder uit vrees vir die gevolge.
Vrees is dié swakste motiveerder. Intussen ervaar hulle steeds die emosionele storm wat verhoudings en hul selfbeeld skaad.
Tieners haat straf en lang preke of sedelessies, veral as dit hulle boonop skuldig of minderwaardig laat voel.
Lees ook: Betrokke ouerskap is goed vir pa en kind
Probeer om nie dié tien goed vir jou kind te sê nie
Die Amerikaanse lewensafrigter Simon Bailey sê kinders het op 17 reeds 150 000 keer “nee” gehoor teenoor net 5 000 “ja”-antwoorde. ’n Nee laat mense voel hulle word nie gehoor nie, of hul behoeftes geld nie. Dit lok onmiddellike weerstand uit, wat dikwels tot ’n argument lei.
Lees ook: Leer uit jou ouers se foute
Alternatief
Sê ja, erken die behoefte en stel dan die grens: “Ja, jy kan gaan swem sodra jou huiswerk klaar is.” “Ja, ek wil ook graag hê jy moet tyd hê om met maats te speel. Ons kan dit enige tyd vir Vrydag reël, vandag sal ons dit nie kan inpas nie.”
Lees ook: Laat gaan en laat groei jou kind
Kinders moet besef hulle is nie die middelpunt van alles nie. Ouers het ook ’n skedule en lewe, tog moet daar genoeg tyd wees wanneer hulle jou onverdeelde aandag en ondersteuning het. Maak tyd om hul sportbyeenkomste by te woon, of sommer net lekker dinge saam te doen. Hulle moet die boodskap kry dat hulle belangrik is en dat dit lekker is om by hulle te wees.
Alternatief
Ek wens ek kon nou met jou hieroor praat, of jou nou help. Gee my net ’n halfuur, dan kan ons praat.
Lees ook: Besige ouer, eensame kind
Enige opmerking wat die kind etiketteer, dra die boodskap: Ek is teleurgesteld in jou. Sulke opmerkings demotiveer kinders, breek hul selfbeeld en selfgeloof af, en laat hulle dikwels die opmerkings, wat ten doel het om te verander, internaliseer. Hul reaksie is dan: “Dit help nie eens om te probeer om verantwoordelik te wees nie, hulle glo in elk geval nie ek is nie.”
Alternatief
Ek sien hoe hard en verantwoordelik jy rugby oefen. Ek is so trots daarop. Dink net wat kan gebeur as jy met dieselfde verantwoordelikheid jou skoolwerk doen.”
“Dis so goed om te sien met hoeveel respek jy jou meisie hanteer. Ek wonder hoe sal die atmosfeer in die huis wees as jy ook so teenoor jou sussie en boetie optree.
Maar nie
Jou tegnologiepunt is so goed, maar jou wiskunde-punt … Die woord “maar” vee enige vorige positiewe opmerking uit. Vervang dit liewer deur “tog”.
Lees ook: Tieners op tiermelk – wat ouers moet weet
Tieners se behoefte om gehoor en verstaan te word, asook om reg te wees en hul eie ding te doen, is sterker as hul behoefte om aangemoedig te word. Hulle gaan nie reageer met: “Ja, Pa is doodreg, dit was nou dom van my om te dink ek kan dit nie doen nie. Ek sal regtig harder probeer.” Die teendeel is ongelukkig waar. Hulle voel jy stel eise, verstaan nie en argumenteer met hulle. Met weerstand kan hulle jou juis verkeerd probeer bewys deur nog minder te probeer.
Alternatief
Sjoe, ek sien dis nogal uitdagend. Voel dit vir jou jy sukkel en kan dit nie doen nie? Ek wonder of daar iets anders is wat jy kan probeer?
Lees ook: Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?
Die ouer wil beheer hê, en dinge moet op sy manier gedoen word. Dikwels word harde of intimiderende woorde gebruik om goed gedoen te kry. Die kind is dan eintlik ’n slaaf van sy ouer se wil of idees. Dit lei dikwels tot gevoelens van vrees, vernedering en weerstand, wat dan tot ’n magstryd lei, waar daar net wenners of verloorders is. En dit skaad verhoudings, want die kind leer om ’n posisie van mag te soek om ander wat van hom verskil te beheer en te ondermyn.
Lees ook: Grense sonder ’n gegrens
Alternatief
In ons huis het ons sekere waardes, ons respekteer en gee om vir mekaar. Wat sal vir ons almal beter werk? Wat moet ons as ouers doen? Wat kan jy doen? Wat gaan jy doen as jou plan nie werk nie?
Lees ook: Wat jy kan doen oor gevoelens van minderwaardigheid
Kinders se vriende is vir hulle uiters belangrik. As jy hul vriende kritiseer en nie aanvaar nie, voel dit vir hulle of jy hulle en hul keuses nie aanvaar nie. As daar werklike rede tot kommer is,
stel grense.
Alternatief
Vertel my hoe moet jou huweliksmaat eendag wees? Watter eienskappe en karaktertrekke sal vir jou belangrik wees? Wat maak jou vriend en die vriendskap vir jou spesiaal? Wat dink jy gaan van jou vriend word as hy sy huidige optrede voortsit?
Lees ook: Die greep van groepsdruk
“Hy doen altyd sy huiswerk.” “Toe ek so oud soos jy was, het ek …”
Tieners verpes dit om met ander vergelyk te word, of te hoor dat hulle nie so goed soos ander is nie. Elke kind het die ruimte nodig om homself te wees, sonder om te voel dat hy in iemand se skaduwee leef, of dat hy nie goed genoeg is nie.
Alternatief
As enigiets moontlik was, wat sou jy aan jouself en jou lewe verander? Wat het jy nodig om dit reg te kry?
Lees ook: Wat jy moet weet oor jou tiener en eetversteurings
… en dan volg ’n negatiewe toekomsvoorspelling: Jy gaan druip. Met sulke punte kan jy vergeet van verdere studie. Jy sal geen ordentlike werk kry nie. Dis ’n konvensionele manier waarmee talle ouers hul kinders probeer aanmoedig deur vrees vir die gevolge as ’n beheermeganisme te gebruik. Dit kweek ongelukkig pessimiste, mense wat heeltyd op die donker kant en gevare fokus. Dit maak kinders eerder angstig, onseker, wantrouig of lok weerstand uit. Kinders kry die boodskap dat hulle dinge nie kan doen nie, en dat hul ouers nie verwag dat hulle suksesvol sal wees nie.
Lees ook: 5 ankers wat jou kind veilig laat voel
Sekere klere, fone of besittings is vir kinders statussimbole wat hulle laat voel hulle is deel van hul portuurgroep. Erken hul behoefte en probeer verstaan, maar leer hulle die waarde van geld deur ’n begroting op te stel en te spaar.
Alternatief
Waarom wil jy dit so graag hê? Wat maak dit besonders? Dis cool, ek kan verstaan waarom jy dit so graag wil hê. Ek wens ek kon dit vir jou gee. Kom ons sit dit op jou verjaardaglys en kyk wat moontlik is. Watter bydrae kan jy maak?
Lees ook: Jou kind en respek
Dit laat kinders dikwels eerder vasskop en nog meer leuens uitdink. Ouers moet ook versigtig wees vir aannames.
Sodra jy iemand oordeel, is dit moeilik om ’n naby verhouding te hê. As ’n tiener oneerlik is, moet ’n mens se optrede dit juis vir hulle makliker maak om wel die waarheid te vertel. As jy hewig reageer, kan dit volgende keer nog moeiliker wees om die waarheid te vertel.
Alternatief
Dis interessant. Vertel my meer, ek is nie seker ek verstaan nie, of het al die feite nie.
Lees ook: Jou tiener aanlyn – is jy ’n waghond of spioen?
Hier is dinge wat tieners graag wil ervaar en nodig het om te hoor!
Dis vir soveel ouers moeilik om tieners met vertroue die ruimte te gee om onafhankliker te raak en hul eie besluite te neem. In die storm van ’n moeilike oomblik, kan ’n mens onbedoeld en onnadenkend dinge sê wat jou kind en jul verhouding skaad. Alle mense maak foute.
As dit gebeur, is dit net belangrik om dit te erken en om te sê jy is jammer; vergewe my asseblief. Hoe beter ’n ouer se verhouding met sy tiener is, hoe groter is sy invloed op sy kind se lewe.
Lees ook: Goeie raad vir stiefouers
Anys Rossouw is ’n opvoedkundige sielkundige in Menlopark Pretoria
(012 460 7366 / anys@anys.co.za).
Of jy op soek is na ’n kragtige skootrekenaar om meer as een taak mee…
Om ’n matras aan te skaf is een van die duurste beleggings wat jy sal…
Bestanddele 500 ml (2 k) gevriesde bessies 500 ml (2 k) volroom- Griekse jogurt…
Iemand het uiteindelik kykNET se miljoenrandvraag op die gewilde vasvraprogram Wie word ’n miljoenêr? beantwoord. …
Maak werk van dié kwessies en kry weer woema terug! #rrTussenOns
Die huidige Mej. Suid-Afrika, Mia le Roux, het vandag in ’n video op sosiale media…
Hierdie webwerf gebruik koekies.