kategorieë: Bekendes

10 Bekendes se vreemde skoonheidswenke

10 Bekendes se vreemde skoonheidswenke deur Zoë Salzwedel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit is altyd lekker om nóg ‘n skoonheidswenk ryker te word! En dis veral wonderlik wanneer ’n mens uitvind dat jou gunstelingbekende se beste skoonheidswenk nie duisende rande kos nie, maar iets eenvoudigs en heel algemeen is. Verbeel jou ons skok toe ons uitvind dat die geheim agter Nicole Kidman se vurige haarkleur iets so eenvoudig soos bosbessiesap is…

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

En gelukkig is bekendes deesdae alte gelukkig om hulle skoonheidswenke met hulle getroue volgelinge te deel. Ons het gaan soek na tien van die vreemdste skoonheidswenke wat bekendes toepas om hul foutlose velle, gladde hare en skitterende oë te verkry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Alessandra Ambrosio is aan die brand. Letterlik!

Dié Victoria Secret-model, Alessandra Ambrosio, is berug vir haar vreemde haarbehandelings. Alessandra ontvang gereeld ’n Brasiliaanse haarbehandeling genaamd Velaterapia, waar jou hare se gesplete punte met ’n oop vlam toegebrand word.

Dié tydrowende Brasiliaanse tegniek skroei letterlik alle dooie punte en gesplete punte met die gebruik van ’n kersvlam toe.

2. Bella Hadid se foutlose grimering!

Bella Hadid verklap dat sy haar grimering met water “set”. Ja, jy’t reg gelees. WATER!

Dié vreemde skoonheindswenk het sy eenmaal in Japan geleer en staan bekend as Jamsu. Jamsu behels dat jy jou hele gegrimeerde gesig met deurskynende poeier bedek en dan vir 10 sekondes in ’n bak met koue water druk.

3. Cindy Crawford se gloed!

Cindy Crawford het by Cleopatra geleer en spuit gereeld haar gesig met ’n mengsel van melk en mineraalwater. Die melksuur in die melk sal jou vel liggies afskilfer terwyl dit dadelik jou vel verhelder.

Cindy gee krediet aan dié suiwelproduk se hoë kalsium- en proteïensamestelling vir haar gesonde vel en as ’n tegniek om haar vel gehidreer te hou.

4. Kim Kardashian se plooi-vrye onder-oë

Ons was verbaas om te hoor dat Kim Kardashian se plooivrye onder-oogarea nie net te danke is aan haar nuwe verduisteringsgrimering nie, maar ook aan Preparation H-aambeiroom.

Kim se grimeerkunstenaar, Mario Dedivanovic, het vertel dat hy dit onder haar ooggrimering aanwend om die vel onder haar oë saam te trek en plooie te voorkom. Preparation H vernou die bloedvate, verminder rooiheid, en bevat ook ʼn anti-inflammatoriese bestanddeel wat van swelling en pofferigheid ontslae raak.

Let wel: Moet dit nie elke dag gebruik nie, want dit kan jou vel uitdroog. Voeg dit dalk liewer by jou bevogtiger om dit minder kragtig te maak en beter te laat ruik.

5. Nicole Kidman se vurige haarkleur

Toe Nicole Kidman nog ’n rooikop was, het sy nadat sy haar hare gewas het, haar hare met bosbessiesap gemasker om haar haarkleur se kleur en skynsel te beklemtoon.

Let wel: Dié goedkoop truuk werk nie net vir rooikoppe nie, maar sal ook rooi tinte in donkerbruin en aarbei-blonde hare verhelder. Meng ’n koppie organiese bosbessiesap met ’n kwartkoppie water en gebruik dit as die laaste afspoelstap nadat jy jou hare gewas het.

6. Salma Hayek en Blake Lively se lieflike lokke

Salma Hayek en Blake Lively het openbaar dat hulle onder andere tamatiesous en mayonnaise op hulle hare gebruik.

Salma gebruik blykbaar mayonnaise, wat haargesonde-bestanddele soos eier, suurlemoensap en asyn bevat, om haar hare te bevogtig en te laat blink.

Blake, wat by haar ma die mayonnaise-haartruuk geleer het, gebruik dikwels ook tamatiesous as ʼn toner om van blou of groen tinte in haar blonde lokke ontslae te raak.

Plaas die mayonnaise en tamatiesous direk op jou hare (wortel tot punte) en was dit na 15 minute af. Ons weet, dis bietjie grillerig, maar dit werk!

7. Miranda Kerr se ellelange wimpers

Miranda Kerr is nie gepla daarmee om geld op wimperkrullers te spandeer nie – sy gebruik liewer net ’n metaallepel!

Plaas net die lepel op jou ooglid, wat dus die natuurlike geboë vorm van jou ooglid namaak, en wend dan jou maskara aan. Dit beteken nie net dat jy nooit weer maskara op jou ooglid sal mors nie, maar dit los ook die probleem op vir as jy reis en dalk jou wimperkruller by die huis.

8. Margot Robbie se perfekte plomp lippe

Margot Robbie het aan die ELLE-tydskrif gesê dat sy nooit lipbalsem gebruik nie omdat sy glo dat dit middels bevat wat jou lippe uitdroog. In plaas daarvan, gebruik sy Bepanthen (wat gebruik word vir bababoudjies en om die tepels van borsvoedende moeders te herstel) vir hidrasie, maar ook genesing.

9. Kate Hudson se perfekte gelaatskleur

Het jy al vir jouself ’n facial met yswater gegee? Nog nie? Wel, miskien moet ons begin, want Kate Hudson doen dit en kyk net hoe fantasties lyk haar vel…

Dit klink intens, maar dit verminder swelling, verhelder jou vel en verklein jou porieë. Plaas net ys in ’n bak met water, en druk dan jou gesig vir 30 sekondes daarin. Dit klink pynlik, maar dit is eintlik so verfrissend!

10. Catherine Zeta-Jones se witter-as-wit glimlag

Dié aktrise het bevestig dat haar pêrelwit tande te danke is aan haar selfgemaakde aarbei-tandepasta. Dis reg, sy borsel haar tande met aarbeie in plaas van tandepasta.

Sy vertel “Ek borsel my tande met aarbeie omdat ek vertel is dat dit ’n natuurlike tandbleikmiddel is, en dit werk regtig!”

En raai wat, dis boonop lekker!

So, watter van dié bekendes se vreemde skoonheidswenke sal jy volgende probeer? Miskien Miranda se teelepel-en-maskara wenk, of dalk liewer Kim Kardashian se Preparation H-onderoogwenk. Een ding is verseker, dis vreemd maar dit werk!

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

11 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

11 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

12 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

13 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

15 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

15 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.