Maak die sjokolademousse volgens die aanwysings op die pakkie van kits-mousse. Smelt 100 g (1 klein plak) wit sjokolade en doop jou mooiste nagereglepels daarin. Skud die oortollige sjokolade af en laat die lepels op waspapier afkoel. Hou eenkant. Kies een van jou gunstelingmaniere hieronder om die mousse te geur. Skep dit dan in ’n spuitsak en spuit op die lepels. - Voeg die skil van een lemoen en ’n skeutjie Van der Hum-likeur by. Versier met repies versuikerde lemoen.Sjokolademousse
Instructions
- Versier die mousse met goue eetbare poeier of goudblad.
- ’n Hand vol geroosterde, fyn gekapte haselneute en ’n skeutjie Frangelico-likeur.
- Versier die sjokolademousse met vars frambose of appelliefies en vars kruisement.
- Smeer van die oortollige wit sjokolade met ’n paletmes op waspapier. Laat afkoel en breek in stukke. Druk die stukke sjokolade in die mousse.