- Verhit ’n groot pan oor lae hitte tot matig warm.
- Rooster 1¼ k komynsaad, ¾ k koljandersaad, 4 t kardemompeule, 1 e heel naeltjies, 2 kaneelstokkies, 2 e heel peperkorrels, 4-5 lourierblare en ’n agtste van ’n stukkie foelie (mace) vir 3-4 min. of tot jy die speserye kan ruik.
- Laat afkoel en maal in ’n voedselverwerker of koffiemeul tot ’n fyn poeier.
Berg die masalamengsel in ’n lugdigte houer in die yskas. Dit hou maande.
Resep: Masala-vissosaties met sonnige salsa
Resep: Indiese dosa met geurige blomkoolkerrie