Soms voel ons vel jeukerig, rooi en sensitief sonder dat ons weet hoekom. Sommige bestanddele kan hiertoe bydra. Leandri van der Wat, navorsing- en ontwikklelingswetenskaplike vir Optiphi deel haar aanbevelings:
• Mentol of alkohol (word ook gelys as SDAlchol, “denatured alcohol” of “alchol denat“). Alkohol is egter nie ’n irritant nie.
• Parfuum en selfs plant-olies soos roosmaryn-olie, laventel-olie en peperment-olie kan irritante wees.
• Sodium C14-16 olefin-sulfate: SLS (sodium lauryl sulphate) asook SLES (sodium lauryl ether sulphate).
• Parabene (maak mense bekommerd want dit boots estrogeen na).
• Enigiets met die woord phthalate moet heroorweeg word. Die bestanddeel mag nie meer in Europa gebruik word nie, juis omdat dit kan lei tot veluitslag, ekseem en meer irritasies.
• Methylisothiazolinone (MIT) moet vermy word aangesien dit ook irratasie en allergie veroorsaak.
• Triclosan kom veral in anti-bakteriële produkte voor. Volgens kosmetiese wetenskaplike Randy Schueller is die FDA (Food and Drug Association in die VSA), besig om die bestanddeel te heroorweeg aangesien daar ’n kans is dat dit weeerstandigheid kan kweek en so “super-bugs” kan veroorsaak. Dit kan glo ook jou indokriene-funksie nadelig veroorsaak.
• Sodium Laurul Sulfate word grootliks gebruik om produkte te laat skuim en is een van die bestanddele wat sensitiewe vel die meeste irriteer. Volgens bekende skoonheidsrywer Paula Begoun (wat al meer as 20 boeke gepubliseer het), is die bestanddeel so bekend as irritant, dat dit gebruik word as ’n maatstaf vir hoe irriterend ander bestanddele in vergelyking met SLS is.