Genoeg vir 6
Bokmelkkaasrolletjies
• 15 ml (1 e) olyfolie
• 5 ml (1 t) heuning
• 30 ml (2 e) pistasieneute, gekap
• 30 ml (2 e) sesamsaad
• 30 ml (2 e) sonneblomsaad, gekap
• 30 ml (2 e) hennepsaad
• sout en swartpeper
• 200 g bokmelkkaas
1 Verhit die olyfolie oor matige hitte. Braai die heuning, pistasieneute, sesam-, sonneblom- en hennepsaad vir 2-5 min. daarin, of tot liggies gerooster.
2 Geur en laat afkoel.
3 Rol die bokmelkkaas in klein balletjies. Sit die saadmengsel in ’n bakkie en rol die balletjies daarin tot hulle heeltemal bedek is.
Mielieslaaisous
• Verhit 15 ml (1 e) olyfolie in ’n pan oor matige hitte. Braai ’n klein gesnyde uitjie daarin tot sag. Voeg die pitte van 1 soetmielie by en braai vir nog 1-2 min. Trek van die hitte af en voeg 80 ml (⅓ k) olyfolie, 30 ml (2 e) witwynasyn, 10 ml (2 t) heuning en 5 ml (1 t) korrelmosterd by. Meng goed en geur met sout.
Slaai
• 1 spanspek, geskil en in agtstes gesny
• 100 g parmahamlappies
• 100 g basiliekruid
• 100 g kruisement
• 100 g slaaiblare
• 250 g frambose
• 250 g swartbessies
1 Draai ’n lappie parmaham om elke spanspekskyf.
2 Meng die basiliekruid, kruisement, slaaiblare, frambose, swartbessies, bokmelkrolletjies en mielieslaaisous saam op ’n mooi opdienbord.
3 Sit die spanspekskywe bo-op en sit voor.