TV-aanbieder, Stacey Holland
Aangesien my werk in gesondheid is, wil ek jou aanraai om jouself te herinner aan dit wat jy liefhet van jouself: jou liggaam, jou eienskappe en jou lewe. Ons leef in ’n wêreld waar ons so maklik beroof word van ons selfliefde. Ons vergelyk onsself deesdae meer as ooit aan ander omdat die digitale wêreld (sosiale media) dit net soveel makliker maak! So, word weer lief vir jouself en die seëninge wat jy het. Jy kan nie iets aan ander gee as jy dit nie reeds self het nie.
TV-aanbieder, Bailey Schneider
Valentynsdag moet nooit oor die kommersiële aspekte gaan nie, maar eerder gesien word as ’n herinnering om jou geliefdes werklik te waardeer. Dit hoef beslis nie nét romantiese liefde te wees nie. Verbind met die mense in jou lewe wat jy regtig waardeer en openbaar dit aan hulle. Lanklaas ’n grootouer of ouer gebel? Tel die telefoon op en bel hulle. Ek hoop regtig dat jy ’n dag gevul met liefde sal ervaar en dat jy die mooi in elkeen van jou verhoudings sal raaksien.
Skoonheid- en beeldspesialis, Francois Louw
Liefde is vergifnis wanneer ons dit nie verdien nie. Liefde bedek alles stewig, eerlik en vir ewig. Liefde is die waarheid, al maak dit hoe seer. Moenie iemand se vertroue skend nie. Moenie valslik praat om iemand anders seer te maak nie. Liefde probeer erken wanneer jy ’n fout gemaak het. Liefde is om deur voorbeeld te lei. Klein ogies hou ons heeldag dop om te sien hoe ons ander hanteer en ook hoe ons ons geliefdes op ’n spesiale dag soos Valentynsdag hanteer.
TV-aanbieder, Roxy Burger
Liefde is nie perfek nie, so moet nie verwag tot dit perfek gaan wees nie. Dit is onvolmaak volmaak.
Radio-aanbieder, Lindy Hibbard
Moet nie wag tot die 14de Februarie om vir jou geliefdes te sê hoeveel jy hulle werklik waardeer nie. Laat hulle vandag (en elke ander dag) glimlag! Die klein gebare kan ’n lang pad gaan.
TV-aanbieder, Liezel Van der Westhuizen
Ek wens vir jou ’n baie gelukkig Valentynsdag toe. Deel liefde, nie net met jou ander helfte nie, maar versprei ook liefde onder jou familie en ander mense wat nie iemand spesiaal op ‘die dag van liefde’ het nie.
Aktrise, Mishqah Parthiephal
Moet nooit te bang wees om halsoorkop verlief te raak op iemand nie.
Akteur, Loyiso Macdonald
Maak elke dag ’n dag om vir ander te wys hoeveel jy omgee. Maak dit jou daaglikse missie!
Professionele rugbyspeler, Steven Kitshoff
Die liefde is nie perfek nie. Liefde is lankmoedig en vriendelik. Vind jou beste vriend, iemand wat jy onvoorwaardelik lief kan hê en gaan saam op avonture. Vandag is die dag om hulle te herinner aan hoekom jy hulle gekies het en hoekom jy sal aanhou om hulle elke dag van die jaar te kies.