Maak jou eie skoonmaakmiddels op die natuurlike manier deur Cornel Dunn. Hooffoto deur Pexels
Ons is almal bewus van die nadele van sommige chemiese produkte op die mark. Hier volg staatmaker resepte vir jou eie skoonmaakmiddels. Onthou om dit goed te meng.
Opwasmiddel
- 3 eetlepels Castile seep (fyn gerasper) (Beskikbaar by Faithful to nature)
- 2 koppies warm water
- 2 teelepels gliserien
- 2 eetlepels asyn
- 10 druppels laventel essensiële olie.
Lees ook: Hoe om jou kombuis slim te organiseer
Waspoeier
- 5 kg Natuurlike boraks
- 2 kg Sodakristalle
- 500 g Koeksoda
- 3 koekies Sunlight seep (fyn gerasper)
- 35 druppeltjies essensiële olie
Hierdie produk skuim nie baie nie, maar maak wel deeglik skoon.
Lees ook: Raak só ontslae van slegte reuke in jou huis
Venster-skoonmaakmiddel
- ¼ Koppie witasyn
- 1 Eetlepel mielieblom
- 2 Koppies warm water
Lees ook: Natuurlike maniere om van peste in jou tuin ontslae te raak
Toiletskoonmaakmiddel
- ¾ Koppie koeksoda
- ¾ Koppie witasyn
- 10 druppels teeboomolie
- 10 druppels laventel essensiële olie
Lees ook: Hoe om jou badkamer te “deep clean”
Veeldoelige skoonmaakmiddel
- ¼ Koppie witasyn
- 1 Eetlepel koeksoda
- 1 Liter warm water
- Sap van ½ suurlemoen
Lees ook: 6 dinge wat jy nou in jou tuin moet doen voor dit te koud raak