Voorverhit die oond tot 180 °C. 1 Smeer 3 x 17,5 cm-koek-panne met botter en voer met bakpapier uit. Karamelspringmielies Grondboontjiebotter-en-sjokoladetoffiekoek
Ingredients
Instructions
2 Sif die koekmeel, bakpoeier en koeksoda in ’n groot mengbak.
3 Room die botter, grond-boontjiebotter en suiker saam in die bak van ’n elektriese menger tot liggeel en donserig.
4 Gooi die geklitse eiers in 4 of 5 toevoegings by die bottermengsel en meng goed tussen elke toevoeging. Skraap die bak van tyd tot tyd skoon.
5 Voeg die vanielje by en meng goed.
6 Voeg die droë bestanddele en karringmelk om die beurt by die koekmengsel.
7 Meng tot glad en vou die sjokolade by.
8 Verdeel die mengsel eweredig tussen die voorbereide panne.
9 Bak vir 45-55 min. of tot ’n toetspen wat in die middel ingedruk word, skoon uitkom.
10 Laat die koek vir 10 min. in die pan afkoel en keer dan op ’n draadrak uit.
1 Gooi die springmielies in ’n groot hittebestande bak.
2 Meng die suiker en water in ’n kastrol en verhit versigtig oor lae hitte.
3 Vee die kante gereeld met ’n nat kwassie om alle suikerkristalle op te los. verhoog die hitte sodra die suiker opgelos is, en prut totdat jy ’n goue karamel het.
4 Trek die pan van die hitte af en gooi die botter vinnig maar versigtig by en skud tot ’n karamelsous vorm.
5 Gooi die karamel oor die springmielies en roer met ’n lepel deur. Geur na smaak met die seesout.
6 Meng die roomkaasversiersel en 45 ml (3 e) grondboontjiebotter saam tot glad.
7 Sny die koeke versigtig middeldeur.
8 Smeer ’n laag versiersel tussen die koeke. Plaas die ander koeke bo-op en druk liggies vas.
9 Eindig met versiersel bo-op.
10 Bedruip die koek met sjokolade-ganache en sit voor met die karamelspringmielies bo-op.